
Foto: Canva
God sê vir my
God sê vir my
Ek is lief vir jou
onvoorwaardelik
net soos wat jy is
ek is nie goed nie
ek skree op my man
en doen nie veel vir ander
God sê vir my
Ek is lief vir jou
net soos wat jy is
ek en my selfbeeld suck
die kinders gril vir my arms en
ek groei onder my panties uit
God sê vir my
Ek is lief vir jou
vanoggend se dagstukkie roep mee
feel the gaze of His love upon you
maar wat is voel en wat is weet?
God sê vir my
Ek is lief vir jou
hoekom sukkel ek dan so
om Hom te glo
wanneer Hy Sy arms oopgooi
en my bedien
met soveel meer as genadebrood?


Kommentaar
Pragtig, Sus!