Die virus, die wêreld en Jan-Tuisbly-se-karretjie

  • 0

Foto: Canva

Die virus, die wêreld en Jan-tuisbly-se-karretjie

“Ring-a-ring o’ roses”
Soos kinders,
om en om en
dom
dans ons
Puppets-on-a-string
na die toon- en
woordlose sang
van ’n wêreld
se gedrang
“A pocket full of posies”
a trolley
filled with trophies
courtesy of some
pick and pay
A-tishoo 
A-tishoo
No Bless You
No Thank You
Groet as jy gaan!
Ingehok
Ingelok (sic)
Met net sakke vol

“What-if’s” 
vir troos en kroos
“What if” is “as” in Afrikaans
Wat “as”
Corona
soos Antjie Somers
van ouds
ons vang ...
“As” ons nie meer 
stroom-op
kan swem nie
“As” dit of dat
of wil of wat gebeur
As = ingeval
As = die spil waarom die wiel en wêreld draai
As = is ook verbrande hout
Die leftovers
Met elke foon- en oogopslag
stuur ons skinder
en stront
vir elk en welk rond
Ons dobber
Vinloos
feitloos
In vrees
vir ’n vyand
meer spook
as vlees
’n tissue

Asseblief

“And we all fall down ...”

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top