Goeie Vrydag

  • 2

Foto: Canva

Goeie Vrydag

By die blaas van die eerste sjofar
tuimel ’n wind oor die Olyfberg en
sluip boggelrug in die rigting van Gethsemane
die wind draai en styg en steier,
maar die wind luister en luister
na die gebeier van kerkklokke in Jerusalem,
die wind snak na asem by Golgota en biggel vervaard oor die grond
waar duiwe pik-pik na krummels op ’n gebreekte marmerklip.
Hoe ongedurig die honger na brood: brood van Sy gebreekte lyf.
Die grootsheid van Sy almag, dat Hý selfs die wind
gebied om in stilte voor Hom te kniel.

  • 2

Kommentaar

  • Christiaan Joubert

    Hello Danie, ja jy is korrek, my oorspronklike gedig word gekenmerk deur die korrekte spelling.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top