Liewe jy

  • 3

Foto: Canva

Liewe jy

liewe jy
jy is nie meer wie (of waar) jy was nie
jy is meer
jy is sterker, brawer en meer gevestig in jou identiteit
meer gevestig in jou God

die verlede het jou kom leer dat as jy te lank onder die laken vir die donker probeer wegkruip
jou krake onsigbaar, en sonder wysheid, verby ander beweeg
so vat weer ’n kans en dans in God se lig
laat toe dat goud en goedheid weer deur jou krake syfer.

ek hoop jy vat jou definisie van mooi en meet dit op teen die Woord
trek ’n streep deur elke letter wat die wêreld op jou papier forseer het
frommel dit ’n duisend maal
studeer dan noukeurig die lyne wat jou as meesterstuk waardeer
en besef

is in uitnemendheid gevorm
jy is tot in jou stof merkwaardig
jou blote bestaan maak elke dag die moeite werd

mag jy daarmee tesaam altyd onthou hoe onvoorwaardelik lief God jou het
mag jy beleef dat jy vasgehou word deur oneindigende arms en vasgebind is aan God geregtigheid, genade, verbondsliefde en deernis

mag jy altyd hoop hê en sterk staan en vasbyt, veral in die tye dat dit regtig nie goed gaan nie
mag jy nooit sleg voel of skaamkry oor die feit dat dit nie goed gaan nie

mag jy nie net vergeet en vergewe nie, maar ook verwerk
al die seer, al die stukkend, al die gebrokenheid
mag jy dit in goud toedraai en berusting vind in die wete dat Sy plan tog perfek is

mag geluk jou tot in die uithoeke van die aarde volg
en as dit nie doen nie,
mag jy dit altyd weer opnuut in jouself
en in jou God
ontdek

  • 3

Kommentaar

  • Mientie Kroukamp

    Ek erken die ervaring, aanmoediging en rigting wysing soos weergegee in die skrywe. Vir die meeste mense in ons land wat in uitsiglose armoede oorleef, maak dit egter nie sin nie.

  • Johan van der Merwe

    Baie goeie raad vir iemand spesiaal, vir my ook want sonder God kan ons nie, dankie vir die mooi skryfstuk.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top