
Foto: Canva
Die uil
Die uil
se onheilspellende huil
êrens verskuil in ’n boom
in die donker só vroom.
Maar Ek weet beter
deur diepe smart in die verlede seker
dat daardie geluid
net gehoor word na die doodsengel se onherroeplike besluit.
Self het ek gestruikel oor my eie skaduwee
toe ek dom die nag betree
raak die nou plaaspaadjie byster
dat bril spat soos die grond my slaat met ’n yster.
Nou, ek glo aan spoke maar het geen vrees
vir enige verdwaalde, verlore Gees.
Die vraag who, who, wie, wie
want wie gaan Verseker sterf weet ek nie.
Noem my maar bygelowig gek
maar vanaand het daai muisvanger my bloed getrek.
Ek is bang
vir daardie dodesang.

