Herfs

  • 0

Foto: Canva

Herfs

Die somerseisoen
is so snel verby,
die herfs het
nader gesluip,
ongemerk
die tussenpose van die liefde
langer gerek.
Hierdie somergewas het, selfs
met bemesting, onwillig, hardnekkig,
luier en langsaam
na die son gestrek.
En saam met die
stil, koeler
lug en
die droë seisoen,
het sy
tydsaam, teësinnig
stilweg ontkennend, tog
moeisaam die winter herken.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top