Sketse van liefde

  • 1

Foto: Canva

sketse van liefde

woorde is soms broos in ouderdom
soos potloodsketse in perfekte voue
maar in die tekstuur van die gesig
lê wysheid teen die koue –

en die koördinate van memoires
blom elke lewensjaar met rykdom –

druppels verlange vier seisoene wat was
geëts in elke rimpel van die geheue
en bossies geluk blom in die oog
uit die hartheuwels se blink teue –

stort na benede onvoorwaardelik
stukkies hemel wat gaan lê in tongbas –

trap sag wanneer die liefde verbygaan
wanneer dit stilstaan om geteken te word

en bind dit met jasmyn vas
laat die rooidag rooier ondergaan

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top