
Foto: Canva
aanhangsel
daar is altyd iets wat vergaan
dit laat lydingsmerke agter
soos gebreekte glas wat diep sny
en doringdraad wat verstrengel
want –
in elke lewe bloei ’n gloeilamp leeg
’n skaal word honderd keer geweeg
in ’n kelder verdwyn elke donker hoek
en niemand let op ’n kleed is gevlek
fondamente wankel en verbrokkel
die werklikheid word ’n aanhangsel
maar –
ek sien dit
ek voel dit

