Poësie

Lees nuwe gedigte deur bekende en ontluikende digters.

Indien jy van jou gedigte wil voorlê, neem asseblief die volgende riglyne in ag:

  • Stuur jou voorlegging na skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publikasie is onderhewig aan keuring.
  • Slegs oorspronklike skryfwerk wat nog nie voorheen in druk of op enige sosialemediaplatform verskyn het nie, sal oorweeg word.
  • LitNet bied geen vergoeding vir gedigte wat gepubliseer word nie.
  • ’n Maksimum van drie voorleggings op ’n slag word toegelaat.
  • Die redaksie gee nie terugvoer oor hoe om jou digkuns te verbeter nie.
  • Indien jy ná twee weke geen terugvoer van die redaksie ontvang het nie, beskou jou voorlegging as afgekeur. 
  • LitNet aanvaar slegs ’n skrywer se oorspronklike, ongepubliseerde werk (insluitend sosiale media) vir publikasie. Wanneer jy jou skryfwerk aan LitNet voorlê, verseker jy LitNet dat die gedig/kortverhaal jou eie, oorspronklike werk is. 

Sterkte met jou skryfloopbaan!

...

Read poetry by established and emerging poets.

If you would like to submit your poetry, please read the following:

  • Submissions can be sent to skryfwerk@litnet.co.za.
  • Publication is subject to a selection process.
  • Only original writing, which has not been published in print or on any social media platforms, will be considered.
  • LitNet offers no compensation for published poems.
  • The editors do not provide feedback on how to improve your poetry.
  • If you have not received any feedback from the editors after two weeks, please consider your story rejected. 
  • LitNet only accepts an author's original, unpublished work (including social media) for publication. When you submit your writing, you confirm to LitNet that it’s your own, original work.

Best of luck with your writing career!

Die besoek

Stanley Cierenberg Poësie 2023-11-16

"'Nee wat, dit gaan maar aan,' praat die man.
'Dinge gaan gou verander, jy sal sien,' sê ek."

Onder die hoesstroop

Jacques Boshoff Poësie 2023-11-09

"Die lewe is net bloot
die dood in remissie."

Jonk is

Willem de Swyger Poësie 2023-11-09

"tot jy jonk is
ongeskonde
soos maanlig
soos ’n kind"

As gister so uitspoel

Johan van der Merwe Poësie 2023-11-09

"toe ons verlore was
op die oop rowwe see
in ’n baie klein bakkie
wat gelek het met een riem"

Die grootste skrik

Christo Meyer Poësie 2023-11-09

"Ek het aandagtig geluister
hoe hy sy hart uitstort
In ’n stadium het ek
so kwaad geword ..."

Highway to hell

Kenan Davids Poësie 2023-11-02

"Hy gee my ’n suit,
maar ek is nie by dit nie.
Ek gat somme in my sweetpak."

Eerste liefde

Janica Flink Poësie 2023-11-02

"My hart skip ’n beat
jou stem in my kop 
is op repeat."

Universiteit

Shirley Retief Poësie 2023-11-02

"terwyl ons agter blink glas
gierig ons hande opsteek
want ons
(die uitverkorenes)
ons ken die antwoorde"

Het jy?

Michelle van Graan Poësie 2023-11-02

"het jy toe jou pot van goud
kon vind, my lief?
het jy jou elke wens gekry?
jy hét immers elke golf gery."

Die presteerder

Shirley Retief Poësie 2023-10-27

"tog word ons almal
aan dieselfde wasgoeddraad
gehang"

Die vrou by nommer 11

Christo Meyer Poësie 2023-10-27

"Twee mans het uitgeklim
en aan die deur
van die musikale vrou
by nommer 11 gaan klop"

'n Deel van jou het vas bly steek

Willem de Swyger Poësie 2023-10-27

"sal die stemme
van water
van wind
jou vind
en veilig
huis toe lei"

Helaas ... die reënboogwaas!

Loretta Szikra Poësie 2023-10-27

"om die vure dood te slaan
en toekyk hoe hulle erfreg
in ’n reënboogwaas vergaan."

Wederkoms

Jacques Boshoff Poësie 2023-10-19

"dit is dekades later
en ek sien my pa nog soms in drome
maar onvolledig
want tyd is ’n besem wat die onthou
wreed en sonder ophou
wegvee"

Ek het alles prysgegee

Willem de Swyger Poësie 2023-10-19

"maar die skoonheid
van die lug se blou
van die lente se groen
spook steeds by my"

Vanselfsprekend

Loretta Szikra Poësie 2023-10-19

"die klein dingetjies
en edelaardige dade
waarvan ons die waarde
so graag onderskat"

Lente in die Noord-Kaap

Anton van Rensburg Poësie 2023-10-19

"As U voete saggies
oor klein-klein grassies loop,
hoor clivia en kalossie,
en kelk ’n aron vlamwit oop."

Jy is my seun

Amy Nakanie Poësie 2023-10-12

"Maar deur al jou geraas en onbeteueldheid
Roer jy steeds my hart, want jy is my seun.
O ja, jy is my lieflingseun"

Koue front

Karin Walker Poësie 2023-10-12

"ek ryg my toe in trui en serp
trap na ’n enkele sonkol
luister na die nuus"

In die suidewind se koue

Willem de Swyger Poësie 2023-10-12

"in die suidewind se koue
wat ruik na die see se skuimasem
blom die blou berge
krismisrose uit"

Top