Onder dorings, dissels en gras

  • 0

Foto: Canva

Onder dorings, dissels en gras

Hoor die perdebye zoem
gevange, gesteek, gepynig, verdoem.
Vandag sny ons gras
oor die lyfies wat was.

Van dorings en dissels en kakiebos
word die stommes verlos
en van die vuilgoed bevry
net waar hulle nog al die jare lê en ly.

Hoe maak jy babas staan in gelid,
hierdie kindersoldaatjies oor wie ons nou bid?
Maak hulle verhonger, dors en siek in warm tente bymekaar.
Vermoor en begraaf hul dan twee meter uitmekaar.

Hierdie plek is die poorte van hel,
500? Die Engelse het verkeerd getel.
Hoor die eggo van elke kreet
vir die met hart om nooit te vergeet.

Nou is die gezoem stil.
Was hierdie slagveld werklik God se wil?
Hoor jy nog die kinderstemme praat?
Helaas, helaas, dit is te laat.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top