Ballade vir ’n geliefde

  • 0

Foto: Canva

Ballade vir ’n geliefde

soos die skemersee
soos tonge van die skemerson
so vol gloed proe haar lippe
na die soetste vye

soos waterverf op ’n doek
soos ’n landskap verruklik
so meesterlik proe haar ballades
na koel bergpoele

soos ’n borrelorrel se wysie
soos ’n tortel wat deur lug klief
so kwinkeleer haar lied
in ’n tolbosdans

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top