
Foto: Canva
Perkament
eens was daar ’n liggaam met drif
sorgeloos was iedere voetval
helder was die sfere – onwrikbaar
in die deugde en uithouvermoë
maar indien ons bevoorreg is
met verloop van tyd –
faal ons sintuie
krimp die ligkring van oë
en grys word die herinnering
ons liggame word nes perkamente
bros en vergeel
en die melodie van die hart
word gereduseer tot net stilte oorbly


Kommentaar
Baie mooi Marius