Toekoms anderkant die mis

  • 0

Foto: Canva

Toekoms anderkant die mis

baie kiesers hoop op veertig persent
vir die kakistokrasie
wat jok oor demokrasie
vanuit hul tydelike tent

maar daar’s ’n raserige klompie
wat ook-wil-wees
hul kan die tekens lees
op die muur van kedompie

met gemerkte linkerduime
staan ons op die see se duine
waar die digte grys mis
ons anderkant-sien-pogings uitwis

en besef die politieke rente
in die som van veertig plus twintig persente

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top