Tonnels na hoop

  • 2

Foto: Canva

Tonnels na hoop

Ek sien die merke op my arms
Vasgebrand
Masjienwoorde
Vasgesmelt
Dat ek versmoor
Ek hyg in stilte
Huil net snags
Haal asem
In tot vyf
Uit tot honderd
Bly tog binne
my longe
Lakens om my littekens 
bedek my
Bakens op my padkaarte
Tonnels krul
deur my hart
Ek kruip
nader
Naarder
Sluk
die lug in
knyp die lig vas
sluimer dieper
hou my drome vas

  • 2

Kommentaar

  • Beelde is sterk geteken in minimalisme.
    Die woordspel "nader" "naarder" is aangrypend. Dit stop my in my spore en laat my weer lees.

  • Aangrypende metafore wat veral die emosie van angs treffend verwoord.
    'n Baie talentvolle digteres.

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top