Soms

  • 2

Foto: Canva

Soms

Soms wanneer die herfswind
onder die akkerbome gaan lê
die dag se lang skaduwees
vir my goeienag kom sê

die son rooi-goud sak
agter berge grou geraam
’n waserige wolk wegseil
voor ’n droomverlore maan

in die koggelende kersvlam
sien ek jou skadubeeld dans
jou hart vat-vat aan myne
wink vir nog ’n kans

wat is dit met die liefde
dat ons hom net-net mis?
die gebokspring in ons harte
stoei teen die ewige rus?

  • 2

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top