
Foto: Canva
Apollo se fees
’n helder blink bol
hang stilswyend
bo hul dansvloer
die enigste eregas
aanskou die jolyt
uit ’n wolklose hemel
die karnavalgees
se seekat-arms
gryp en kruip in
en ’n party soos min
word begin met
“Een klein tree
vir die mens,
een groot sprong
vir die mensdom”


Kommentaar
Your abilities with words blow my mind. Thank you for exposing me to the beauty of poetry.
This one is really cool. Who would have thought that space exploration and poetry gel pretty well?