
Foto: Canva
Smart
Vyf letters
soveel emosies
maar nou
vir my
vir jou
net die gevoel
van futiliteit
Geen verwyt
net
hartseer
niks meer
My veg is klaar
my hart is swaar
die Lucifer
die dwelmhel
die wenner
weer
elke keer
Smart is seer
maar nou aanvaar
wel ’n diep rou
eindelose trane
en die wete
dat ons die pad sal loop
vir ewig en nog meer
stukkies sal optel
jou weer sal bou
jou by sal staan
Maar die keer
sonder hoop
net empatie
vrees vir weer
misplaaste gevoel
van dankbaarheid
want al het jy geval
kan ek weet
jou ingeperktheid
tussen hoë mure
is redding
van die groter
totaliteit
Van vlug
van verdwyn
van pyn
van nie weet
waar jy dwaal
en of jy nog is
of die draak
sy tentakel stert
sy witpoeier-asem
om jou het
My kind
al kan jy nie dié lees
ek het jou lief
ongeag


Kommentaar
Hartverskeurend!