
Foto:Canva
Obskuur
Dit klink na ’n ding
wat ’n dwaas aanvang,
om onderstebo
aan sy pote
in ’n grot te hang;
sonder om homself
te beskyt
as die natuur besluit
om die oorskiet
skielik te verban.
Vir my en jou
is dit obskure snert,
maar vir ’n vlermuis
aan ’n rotsplafon
merendeels die vrede
as lyding werd.


Kommentaar
Skitterend!