Pa

  • 0

Foto: Canva

Pa

op Heerenlogement
groei ʼn eeu-oue wildevy
hoog in sandsteenkranse
wortels genestel in rotsplooie
              diep geanker
              onwrikbaar
              hoeksteen

wanneer alles verdor
suig lugwortels lewe uit dun lug
gooi ʼn koeltepoel van
              skuiling
              beskerming
              wysheid

ons plant ʼn wildevy by ons ma
vir altyd

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top