My briewe wat nooit gestuur is nie

  • 0

Foto: Canva

My briewe wat nooit gestuur is nie

So baie briewe
nooit gepos nie
geskryf
om nie te stuur nie
want waarheid is seer
al sal jy wat probeer
sommige dinge
sê ons nie

ons plak dit toe
seël die brief
bêre hom in ’n trommel
wat ons sluit
gooi die sleutel weg
dan begrawe ons dit
om nooit weer
oor dit te praat nie

nie omdat ons nie wil nie
omdat ons moet
ons groet hulle
daardie drome
wat toe mooi was
vir ons
in ons bedelaarsgewaad

om in eenvoud
verby te hou
om nederig van gees
te wees
sodat ons pad oop is
weg van spyt en verwyt
om te weet
dat ons weet
alles hier
is net tydelik
omdat alles
verby sal gaan
want alles
is ’n gejaag na wind.

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top