Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Verskrikking in die ergste graad: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster
2022-04-12"Jaloesie is een van die eerste merkbare kenmerke van ’n narsis. Meng dit met beheer, ongegronde beskuldigings, verwyte, minagting, onredelike vereistes en woedebuie alles saam in ’n whiskeyglas met drie blokkies ys, dan het jy die volmaakte resep vir ’n gewaarborgde aanslag."
Nuances and other stories by Dianne Stewart: reader impression
2022-04-11"Dianne Stewart’s stories are effective because they, too, are rooted in the modern everyday experience of ordinary people with whom we can identify. We cannot predict their ending in most cases, because they are often left open-ended, but it is our imaginations that supply the denouement, depending on which door we open – it puts the reader in the position of being an arbiter of fate."
Die wet van Gauteng deur Hannes Barnard: ’n resensie
2022-04-08"Sy naam is Hannes Barnard; hy is ’n skrywer van formaat. Hou hom dop!"
Anderkant die blou deur Zelda Bezuidenhout: ’n resensie
2022-04-06"Anderkant die blou is ’n blou konsentraat van ’n jongvolwasseneverhaal wat enige leser sal lus maak vir ’n seevakansie."
Resensie: Grondslagfasewoordeboek deur Annemie Stoman (red)
2022-04-06"Indien ’n leerder se leesvaardighede nie teen die einde van graad 3 op standaard is nie, sal die leerder se toekomstige skolastiese vordering daaronder ly. In dié opsig is Pharos se tweetalige Grondslagfasewoordeboek ’n ideale bron vir ouers/voogde en onderwysers om tuis of in die klaskamer te gebruik."
107 kaalkoppe: Nataniël lê op sy maag op Planeet Kaalkop en kyk na die chaos op aarde
2022-04-06"Die tyd vir ’n boek uit Nataniël se pen is vir my altyd reg. Altyd nou. Daar is geen ander storieverteller in Afrikaans soos hy nie. Of dit op die verhoog of tussen die bladsye van jou boek is: Nataniël mag maar."
Debuut ontroer ten spyte van oorsentimentaliteit, ’n resensie van The man who never was deur Douglas Kruger
2022-04-05"Vir lesers wat vertroud is met Absalom se storie in die Bybel, word daar hiermee ’n sekere verwagting oor die verloop van die inhoud geskep. Dit is boonop ’n boek in Umuzi se Trailblazer-reeks, wat fokus op korter werke met ’n grondverskuiwende inhoud, vorm en styl."
Gesofistikeerd, intelligent; ’n resensie van City of the dead deur Jonathan Kellerman
2022-04-04"Die roman is nie die tipiese skop-skiet-en-dies-meer-spanningsroman nie; dis gesofistikeerd, intelligent, beweeg teen ’n stadige tempo, maak nie staat op dramatiese aksie soos jaagtonele en bloedige gevegte nie."
’n Pragboek deur twee bekwame joernaliste: Spoilt ballots deur Matthew Blackman and Nick Dall
2022-04-04"Blackman en Dall se name mag maar by dié van sulke hedendaagse swaargewigte soos Giliomee en Grundlingh gereken word. Ons historici is tops."
Donkerberg/Bloodwood deur Dominique Botha: ’n resensie
2022-03-24"Donkerberg is ’n knap poësiedebuut."
In die tyd van die gif deur Dana Snyman: ’n lesersindruk
2022-03-23"Die stories werk, omdat dit spreek tot baie soorte lesers, van die meer gewone mens op straat tot die meer gesofistikeerde intellektueel. Mens kan dit ’n bietjie vergelyk met ’n goeie ou Theuns Jordaan-treffer. Die hoofouderling en die kroegvlieg luister ewe lekker saam. So is dit met Snyman se boeke."
Openbarend: 1 Recce, volume 3 deur Alexander Strachan, ’n leserindruk
2022-03-23"Die moeilikheid met wysheid is dat ’n mens nie weet dat jy nie weet nie. Ek het my mond vol gehad oor die bosoorlog, net om nou met ’n bloedbek te bieg dat ek honderd en een persent boggherol daarvan geweet het nie."
’n Unieke noirdebuut: Junx deur Tshidiso Moletsane
2022-03-23"Gordel in, drink genoeg lewerpilletjies en gaan paartie saam. Dis ’n willewragtig van ’n lang nag."
Poëtiese taal: Dol heuning deur SJ Naudé, ’n resensie
2022-03-22"Naudé het ’n wye en gekultiveerde verwysingsraamwerk en daar is vele verwysings na kuns en letterkunde. Ook het hy die vermoë om alles, goed en kwaad, te skryf in poëtiese taal wat verruk."
Time to reflect on our lives: Our ghosts were once people edited by Bongani Kona, a review
2022-03-21"This is not merely a book about death and dying. All manner of reflection is included: the blunt, the prosaic, the truthful, the tragic, but through it all comes connection – even celebration – as the writers share memories and experiences that lend the stories universal appeal."
Voorouer. Pelgrim. Berg. deur Ingrid Winterbach: ’n resensie
2022-03-17"Dit is ’n gedig, ’n woordskildery van ’n roman – meer uitdagend én verkwikkend sal jy nie maklik teëkom nie."
Retoervloot deur Dan Sleigh: ’n resensie
2022-03-17"Ten slotte moet melding gemaak word van die waardevolle kaarte en tekeninge voor in die boek, die kosbare versameling kleurfoto’s en die pragtige omslag. Om by die taal van die VOC te bly: ’n vlagskippublikasie!"
Laat ons lees en leer: ’n resensie van Tom Moodie se AHI – Die Afrikaanse Handelsinstituut
2022-03-17"Die boek is veel meer as ’n geskiedenisverhaal. Dis ’n geleentheid om te leer. En veral ’n geleentheid vir 'Afrikaners', die groep in wie se belange die AHI gestig is."
Uitbuiting van en geweld teenoor vroue tersaaklik: Spieëltjie, spieëltjie deur Jan Vermeulen, ’n resensie
2022-03-17"Die beheptheid met skoonheid en voorkoms, uitbuiting van en geweld teenoor vroue is tersaaklik, veral deesdae, wanneer dit so duidelik en openlik betreur word. Veral jong, onvolwasse meisies is weerloos en uitgelewer aan misbruik."
Themes of hypocrisy and secrets: Glass house by Chinenye Emezie, a review
2022-03-16"This book could be a good start for someone who wants to get to know the work of Nigerian authors. I would recommend it for readers with a taste for family dramas with weighty topics and satisfying character growth."
