Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Elon Musk: Risking it all deur Michael Vlismas: ’n resensie deur Arrie Rossouw
2022-08-24"Vlismas slaag egter daarin om konteks te gee aan die rare verskynsel Elon Musk – waar hy vandaan kom en waarheen hy op pad is. Soos sy relatief-jong lewe is dit uiteraard ’n onvolledige prentjie, bloot ’n moment van een van die wêreld se grootste genieë uit die boomryke voorstede van Pretoria."
Don’t upset ooMalume: A guide to stepping up your Xhosa by Hombakazi Mercy Nqandeka – a review
2022-08-24"This book can be categorised as a dictionary of Xhosa Weltanschauung, a comprehensive conception and apprehension of a mode of life that has been transferred by experience through the centuries from the ancient of times."
Verbode drif deur Irma Joubert – ’n resensie
2022-08-23"Alhoewel die basiese storielyn die verhaal sonder twyfel in die kategorie van historiese liefdesverhaal plaas, is dit reeds van baie vroeg in die roman duidelik dat daar dieper temas ter sprake is, soos die gevolge van oorlog op mens en omgewing, ras- en klasverskille, asook vooropgestelde idees wat in die pad van betekenisvolle verhoudings kan staan."
Halfpad hol deur Amos van der Westhuizen: ’n resensie
2022-08-18"In Halfpad hol word die leser deurgaans gekonfronteer met die eksistensiële vrae van die lewe wat in menige mens se kop spook, spesifiek wit Afrikaanse mense wat in die era sedert 1994 na apartheid swaar dra aan die bagasie van die verlede. Elkeen wat grootgeword het in die dampkring van Christelik-Nasionale Onderwys sal iets van hulleself in sommige van die karakters herken."
Alle sondaars welkom deur Jaco Strydom: ’n resensie
2022-08-18"Elke individu het ’n eie manier waarop hy die Bybel interpreteer, verstaan en prakties toepas. En ook die rede waarom dit dikwels vermy word, omdat dit net ’n te omstrede onderwerp is waar te veel opinies en helaas ook te veel vrae (moontlik vir vele) onbeantwoord bly."
Book review: Hoerkind by Herman Lategan is "a rare privilege"
2022-08-16"Lategan also shares moments of beauty, happiness and warmth in a narrative that is insightful, ironic, humorous and compassionate. And it’s a page-turner."
Dare to read this? A review of Sabotage by Kyle Cowan
2022-08-16"I invite you to get your mind around reading this book. There is a lot to learn from it."
My father’s blazer by Phelelani Makhanya, a reader impression
2022-08-16"In this hauntingly beautiful volume of poetry, Makhanya chronicles the all too familiar, universal experience of the dysfunctional family. However, My father’s blazer quickly transitions to a wider family, that of the South African people, Africa – and mankind."
Skilpoppe deur Barrie Hough: ’n jonglesersindruk
2022-08-11"Temas wat verskyn in die verhaal is selfbeeld, seksualiteit, gesinsdinamika, dwelms en verlies. Die poppe van Skilpoppe kan ons as mense ook simboliseer. Elke mens het lagies wat dieper en dieper gaan. Dit het my siening van die lewe verander en ek wens daar was ’n deel twee, want ek sou dit graag wou gelees het."
Inter-review of The man who loved crocodile tamers by Finuala Dowling
2022-08-11"The man who loved crocodile tamers is a strongly stitched patchwork of events in the life of Paddy Dowling, Finuala Dowling’s father, interspersed with extracts from the 'writer’s' personal diary."
Hans hou sy lyf Sherlock deur Rudie van Rensburg: ’n resensie
2022-08-10"Dis nie net die mees avontuurlike Hans-boek nie, dis ook die beste. Dis asof Rudie in die weefsel van elke karakter ingeklim het."
Fyn nagevors: ’n lesersindruk van Die Bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks
2022-08-08"Die spanningslyn is deurentyd naaldskerp en neem naby die klimaks dramaties toe."
Mixtape van die liefde kan die vreugde van gedigte vir tieners oopsluit
2022-08-05"Nes enige literatuur wat sy sout werd is, is dié bloemlesing beslis verleidelik, om meer redes as die variasie wat dit bied en die musiekkomponent. Die pragtige illustrasies op die voorblad en tussen afdelings maak dit nie net mooi nie, maar maak van die bundel ’n ronde kunservaring."
Met ’n ysterkaak en ’n onverbiddelike kyk: ’n Kwessie van tyd deur Doc Marten, ’n resensie
2022-08-01"Hy is ’n gewese rugbyheld wat in ’n administratiewe hoedanigheid by die polisie gewerk het (alhoewel hy een keer inderdaad per ongeluk ’n rower gearresteer het), maar het vroeg (hy is 29 jaar oud) afgetree en speel nou rond op sy plaas, wat hy in ’n weddenskap gewen het, naby die Botswana-grens."
Afvlerkmens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk
2022-07-27"Die Afrikaanse literatuur het dit nodig dat daar altyd met ’n vars perspektief oop en eerlik geskryf word oor die liefde, soeke na ’n identiteit en die verwerking van trauma soos deur hierdie jong skrywer."
Wedervaringe van ’n boeregesin deur Victor Pohl: ’n resensie
2022-07-26"Of dít, gesien wat vandag in die wêreld aan ’t gebeur is, ’n billike slotsom is, is dalk te betwyfel. Oor die waardering wat Afrikaanse lesers vir Emslie en Delport se liefdesaak sal hê, kan daar egter geen twyfel wees nie."
Omvattend en deeglik: ’n lesersindruk van ELP Stals se Die geskiedenis van Die Broederbond
2022-07-21"ELP Stals se geskiedenis van die AB is goed gebalanseerd en dit is die belangrikste en omvattendste boek wat nog oor die AB verskyn het. Hy skram geensins weg van omstrede sake nie, en lewer verskeie vars insigte in die geskiedenis van dié omstrede organisasie."
Lesbies? Gewoon eietyds? ’n Lesersindruk van Kleur en karamel deur Analize Viljoen
2022-07-19"Sy het geensins probeer om die karakters in enige boksie te plaas, of spesifieke 'gay' optrede verwag van die karakters nie. Dit is ’n segment van die lewe, ’n liefdesverhaal soos enige ander."
Tien voor een deur Adele Vorster: ’n resensie
2022-07-19"Met Tien voor een maak die skrywer haar merk as romansier. Die volgehoue spel met die leser – as gesofistikeerde literêre kommunikasieproses – beïndruk. Die leser begelei die skrywende Odela dwarsdeur haar figuurlike 'dark night of the soul' uit die donker en weer terug na die lig. En dié katarsis reinig skrywer én leser."
Wit leuen deur Ruan Kemp: ’n resensie
2022-07-19"Wit leuen is ’n slu satire op die staat wat met hope fanfare en ewe veel onbeholpenheid sy burgers se lewens wil beheer."
