Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Kleurvolle karakters, deurdinkte storielyne, kitsduiwels: The way I die deur Derek Haas, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-09-13

"Die eerste keer wat ek die hit man Columbus se naam gehoor het, was in ’n Criminal minds-episode. Ek het gegoogle om te kyk of daar wel so ’n boek bestaan en vasgestel dat dit die tweede boek in Derek Haas se Silver Bear-trilogie is."

Is my waarheid dié waarheid? ’n Lesersindruk van Toe als groen was

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-09-06

"An-Mari do Carmo, baie dankie vir hierdie boek. Ek vermoed ek het meer emosies beleef terwyl ek Toe als groen was gelees het, as wat ek dalk in my hele lewe moes konfronteer. Ek meet ’n boek aan die tipe vrae wat dit oor my eie sienings ontketen. Gaan dit van my ’n beter weergawe van myself maak? Beslis!"

Geseënd is dié wat treur, saamgestel deur Susan Jordaan: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-09-06

"Daarteenoor het die eenvoudige daad van die deel van ervaringe in die vorm van verhale besondere potensiaal en krag, omdat dit mens so onder die indruk bring van die feit dat jy nie alleen is in jou gewaarwordinge nie. Dat daar mense voor jou was wat presies kon verwoord wat jy dalk self nie geweet het hoe om dit te verwoord nie."

Oud, maar nie koud! Eddie’s boy deur Thomas Perry, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-09-05

"Perry slaag daarin om nuwe lesers sowel as Butcher’s boy-volgelinge op hoogte te bring, nogtans beveel ek aan dat die vier boeke in volgorde gelees word."

Propvol aksie: Sierra Six deur Mark Greaney, lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-09-01

"Die boek is propvol aksie, gewere, bomme en tegniese besonderhede waaraan ons in Clancy-verhale gewoond geraak het. En om die spanning lekker uit te rek, spring die hoofstukke heeltyd tussen die hede en verlede rond."

Chase Rhys se Misfit: Jy het nog nie voorheen só iets gelees nie

Elodi Troskie Resensies 2022-08-31

"Die boek sluit die voordeur oop en nooi jou in die verteller se lewe in, laat jou lag, en laat jou dikwels stilstaan om ’n paragraaf oor en oor te lees omdat jy nie heeltemal kan uitpluis waar dit jou so diep tref nie. Misfit, en Rhys as skrywer, lewer ’n onvervangbare bydrae tot die Afrikaanse letterkunde."

As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies: ’n resensie

Renette Symington Resensies 2022-08-31

"Dit is ’n teks wat jou aan die goedheid van die mens laat twyfel en menslike swakhede ontbloot, maar jou ook kan help om jou vertroue in die mensdom opnuut te herontdek."

Noodsaaklik: Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief, ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-08-24

"Alhoewel Die slegte nuus van die evangelie nie ’n boek vol aardskuddende nuwe bevindinge is nie, is dit volgens my wel ’n belangrike en noodsaaklike boek."

Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers: ’n resensie

Louis Awerbuck Resensies 2022-08-24

"In Meer as jou seerkry gaan De Villiers op ’n behendige manier van die standpunt uit dat persoonlike pyn nie iets is wat mens net hoef te oorleef nie, maar ’n geleentheid is tot persoonlike groei en ontwikkeling. .... Die boek lees dus maklik en die leser raak nie verstrengel in akademiese en abstrakte goëlery nie. Moet egter geen fout maak nie – jy kry hier oorgenoeg substansiële inhoud en pitkos om aan te kou en te herkou."

Elon Musk: Risking it all deur Michael Vlismas: ’n resensie deur Arrie Rossouw

Arrie Rossouw Resensies 2022-08-24

"Vlismas slaag egter daarin om konteks te gee aan die rare verskynsel Elon Musk – waar hy vandaan kom en waarheen hy op pad is. Soos sy relatief-jong lewe is dit uiteraard ’n onvolledige prentjie, bloot ’n moment van een van die wêreld se grootste genieë uit die boomryke voorstede van Pretoria."

Don’t upset ooMalume: A guide to stepping up your Xhosa by Hombakazi Mercy Nqandeka – a review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2022-08-24

"This book can be categorised as a dictionary of Xhosa Weltanschauung, a comprehensive conception and apprehension of a mode of life that has been transferred by experience through the centuries from the ancient of times."

Verbode drif deur Irma Joubert – ’n resensie

Didi Potgieter Resensies 2022-08-23

"Alhoewel die basiese storielyn die verhaal sonder twyfel in die kategorie van historiese liefdesverhaal plaas, is dit reeds van baie vroeg in die roman duidelik dat daar dieper temas ter sprake is, soos die gevolge van oorlog op mens en omgewing, ras- en klasverskille, asook vooropgestelde idees wat in die pad van betekenisvolle verhoudings kan staan."

Halfpad hol deur Amos van der Westhuizen: ’n resensie

Jean Oosthuizen Resensies 2022-08-18

"In Halfpad hol word die leser deurgaans gekonfronteer met die eksistensiële vrae van die lewe wat in menige mens se kop spook, spesifiek wit Afrikaanse mense wat in die era sedert 1994 na apartheid swaar dra aan die bagasie van die verlede. Elkeen wat grootgeword het in die dampkring van Christelik-Nasionale Onderwys sal iets van hulleself in sommige van die karakters herken."

Alle sondaars welkom deur Jaco Strydom: ’n resensie

Yolanda du Toit Resensies 2022-08-18

"Elke individu het ’n eie manier waarop hy die Bybel interpreteer, verstaan en prakties toepas. En ook die rede waarom dit dikwels vermy word, omdat dit net ’n te omstrede onderwerp is waar te veel opinies en helaas ook te veel vrae (moontlik vir vele) onbeantwoord bly."

Book review: Hoerkind by Herman Lategan is "a rare privilege"

Anthony Akerman Books and writers 2022-08-16

"Lategan also shares moments of beauty, happiness and warmth in a narrative that is insightful, ironic, humorous and compassionate. And it’s a page-turner."

Dare to read this? A review of Sabotage by Kyle Cowan

Catharina Stone Books and writers 2022-08-16

"I invite you to get your mind around reading this book. There is a lot to learn from it."

My father’s blazer by Phelelani Makhanya, a reader impression

Marieta McGrath Books and writers 2022-08-16

"In this hauntingly beautiful volume of poetry, Makhanya chronicles the all too familiar, universal experience of the dysfunctional family. However, My father’s blazer quickly transitions to a wider family, that of the South African people, Africa – and mankind."

Skilpoppe deur Barrie Hough: ’n jonglesersindruk

Marochel Barnard Jong lesers 2022-08-11

"Temas wat verskyn in die verhaal is selfbeeld, seksualiteit, gesinsdinamika, dwelms en verlies. Die poppe van Skilpoppe kan ons as mense ook simboliseer. Elke mens het lagies wat dieper en dieper gaan. Dit het my siening van die lewe verander en ek wens daar was ’n deel twee, want ek sou dit graag wou gelees het."

Inter-review of The man who loved crocodile tamers by Finuala Dowling

Janet van Eeden, Finuala Dowling Books and writers 2022-08-11

"The man who loved crocodile tamers is a strongly stitched patchwork of events in the life of Paddy Dowling, Finuala Dowling’s father, interspersed with extracts from the 'writer’s' personal diary."

Hans hou sy lyf Sherlock deur Rudie van Rensburg: ’n resensie

Maryke Roberts Resensies 2022-08-10

"Dis nie net die mees avontuurlike Hans-boek nie, dis ook die beste. Dis asof Rudie in die weefsel van elke karakter ingeklim het."

Top