Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
’n Wond deur sy pa toegedien: ’n lesersindruk van Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen
2022-11-01"As gemeenskap kan ons die wêreld ’n beter plek maak wanneer ons mans vaders vir die vaderlose seuns word."
Indrukwekkend: ’n lesersindruk van Die bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks
2022-11-01"Die bewonderaar het my mateloos beïndruk, en bevat beskrywings wat nie aanbeveel sal kan word vir sensitiewe lesers nie. Dis ’n uiters uitdagende boek in alle opsigte, en die deurlopende snaarstywe spanningslyn word puik volgehou."
Ligloop op jou lewenspad deur Cas Vos: ’n lesersindruk
2022-11-01"Dit is geen oppervlakkige reis van ’n gelowige nie, maar dit lei tot ’n diepgaande ontmoeting met God. Selfs diegene wat uiters onseker geword het en in twyfel verval het, kan met vrug die reis saam met Vos meemaak."
Verdeelde stand / Divided stance deur Celesté Fritze: ’n resensie
2022-10-31"Nogtans sal lesers hierdie bundel kan geniet, vanweë die verskeidenheid in die tematiek, die diepgang van nadenke en die vaardigheid waarmee taal hanteer word."
Kaleidoscopic: Shaun de Waal reviews A library to flee by Etienne van Heerden
2022-10-27"I called this novel panoramic, but it is also kaleidoscopic, so pregnant is it with fractured reflections that reconfigure themselves at each quick shake."
Van boekwurm tot skerpskutter, ’n lesersindruk Kate Quinn se The diamond eye
2022-10-26"Ek beveel The diamond eye vir lesers aan wat van historiese romans, komplotteorieë en politieke spanningsverhale hou, asook vir aanhangers van Stephen Hunter, Scott McEwen en Jack Coughlin se skerpskutterreekse."
’n Boek vir weer lees: ’n resensie van The errors of dr Browne deur Mark Winkler
2022-10-25"Die verhaal is terselfdertyd tydsgebonde en tydloos. Die spanning tussen geloof en bygeloof aan die een kant, en wetenskap en logika aan die ander, soos wat dit in Browne se lewe en in die teks uitspeel, word meesterlik uitgebeeld."
Die klein boek van-reeks deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2022-10-24"Dit kan beslis aanbeveel word om hierdie tipe boeke te gebruik as ’n ‘skelm werktuig’ om ’n brug te bou vanaf ’n kind wat lees as huiswerk en vervelig sien, na iets waarvan ’n kind sal hou om te doen."
Losweg gebaseer op ware gebeure: ’n resensie van Murasie deur Chanette Paul
2022-10-24"Soos in van Paul se ander werke speel die moontlikheid van die bonatuurlike ’n belangrike rol in Murasie en die suggestie van die geeste van afgestorwenes wat net nie die plaas kon verlaat nie, is sterk motivering in bepaalde karakterhandeling."
Kodachrome deur Tom Dreyer: ’n resensie
2022-10-24"Mymeringe, die vervlietendheid van dinge, die stiltes op foto’s of dit wat transendentaal beweeg: Kodachrome is ’n bundel met ’n ryk stoffering van temas en ’n boeiende spel met al die wyses waarop ons na die wêreld om ons kyk."
Uncaptured deur Mosilo Mothepu: ’n lesersindruk
2022-10-20"Hierdie ongekompliseerde kragtoer gaan jou woedend en simpatiek maak oor die soveel kere wat die staat ander staatsinstellings teen Mothepu gebruik het in stede daarvan om haar te beskerm."
Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin deur Julio Agrella: ’n resensie
2022-10-18"Zeus van Wyngaardt en die skrikgodin is ’n bielie van ’n boek wat ’n bielie van ’n leemte in ’n leser se lewe gaan laat as Zeus nie toegelaat word om sy binnewêreld te betree nie."
The Bourne Sacrifice deur Brian Freeman, ’n lesersindruk
2022-10-17"Hierdie kat-en-muis-spel is ’n móét-lees nie vir enige Bourne-aanhanger nie, maar ook vir diegene wat van spioenasie, sluipmoorde en komplotteorieë hou. The Bourne Sacrifice is Bourne op sy beste!"
History of South Africa from 1902 to the present, ’n lesersindruk
2022-10-17"As ’n mens so blaai deur Simpson se boek, dan is die storie van Suid-Afrika tog maar ’n droewige storie. ’n Stryd om grond- en minerale rykdomme wat diep uit die aarde gedelf is, teen die prys van tragiese ontwrigting van geslag op geslag se goedkoop arbeid."
The profiler diaries 2 deur Gérard Labuschagne, ’n resensie
2022-10-14"Dit is juis wat so interessant is. Plat gesigte in plastieksakke, ontbindende lyke, en vreesaanjaende laaste oomblikke word byna saaklik beskryf."
Koos Bekker’s billions deur TJ Strydom, ’n lesersindruk
2022-10-13"Koos Bekker’s billions is ’n broodnodige toevoeging tot literatuur rondom die Suid-Afrikaanse besigheidselite. Ek beveel dit vir enige persoon aan wat wonder hoe ’n mens dit kan regkry om skatryk te word."
A library to flee by Etienne van Heerden: reader impression
2022-10-13"To have taken such inflammable issues, and to have presented them so inoffensively yet so clearly, is a clear pointer to Van Heerden’s remarkable skills as a writer. In Library, he plunges headfirst into fiction with social issues to discuss, and succeeds beyond his hopes, I’m sure. He has amused us, frightened us, titillated us and informed us."
For the connoisseur, a review of Notes on Falling by Bronwyn Law-Viljoen
2022-10-13"The reader is required to assemble and make sense of disparate story fragments and construct meaning in much the same way Thalia tries to make sense of her quest. It’s fascinating, absorbing, challenging and well researched."
Wees bevrees: Genesis deur Chris Carter, ’n lesersindruk
2022-10-13"Genesis het my so vreesbevange gehad, ek wil beslis nie ’n karakter in een van sy boeke wees nie."
Milner – last of the empire-builders by Richard Steyn: a book review
2022-10-12"Neither is Steyn professing to write academically, he writes for readers who read for pleasure but who want to be informed. The fact remains the book is an important text and adds richly to South African historiography for an understanding of an era."
