Resensies
Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Geseënd is dié wat treur deur Susan Jordaan, lesersindruk
2022-11-22"Het die welsyn, nadat hulle na hul fancy huise weggery en hul hande soos Pilatus van ouds in hul blink wasbakke gewas het, geweet dat dié dronkgat my hero was?"
Ongekende ellende deur Chris Schoeman: ’n studie oor lyding en die impak daarvan
2022-11-22"Ongekende ellende laat jou nie koud nie. Dit laat jou dink. En soos met jou gevolgtrekkings, wil jy die boek hou. Om te onthou."
Toeganklik, nie maklik nie; ’n lesersindruk van Veldhospitaal 12 deur Marinda van Zyl
2022-11-21"Die oorwegende indruk wat ek van hierdie boek het, is dat dit ’n interessante onderwerp is wat op ’n boeiende manier verpak is. Deur die gebruik van briewe word die onderwerp op ’n toeganklike manier vir ’n leser aangebied."
Twee lewens deur Elise Bishop, ’n resensie
2022-11-21"Hierdie boek kan cisgender mense help, soos dit my kon help met my eie rebellie teen Elise se binêre sienings van manwees en vrouwees."
Vyf sekondes voor Vrydag deur Ihette Senekal: ’n boekresensie
2022-11-21"Kom ons gesels oor die ooglopende olifant in die vertrek: Dié is die hoeveelste boek oor ’n selfdegeslagverhouding tussen twee meisies in Afrikaans? Presies. Daar is beslis min."
The terminal list deur Jack Carr, ’n lesersindruk
2022-11-18"Alhoewel hierdie boek nooit enige literêre pryse sal inpalm nie, sluit Carr hom met hierdie aksiebelaaide debuut by die groot name in die politiese-spanningsgenre soos Brad Thor, Vince Flynn en Brad Taylor aan."
The blood’s quest for silver: a book review on Blood and silver by Jan Glazewski
2022-11-16"And so, the memoir’s two narrative and thematic strands – both of which evoke the irresistible pull of the past, of ancestral voices – are woven tightly into a fascinating and compelling account of a life richly and intensely lived. This is a story of family: of losses and of surprising, abundant gains. It is a tale of growing up as an outsider of sorts in a country committed to employing taxonomy to divide."
Om te skryf, ’n resensie
2022-11-15"Mense vra dikwels hoe hulle kan begin skryf. Van nou af gaan ek hulle van Om te skryf vertel. Ek gaan hierdie boek eers show aan almal wat wil leer skryf, en hulle dan tell om dit deur te werk. Daarna kan ons verder gesels."
’n Resensie van Dear Comrade President deur André Odendaal
2022-11-15"Hierdie resensent was bevoorreg om een van die dertig regsgeleerdes van 'binne' Suid-Afrika te kon wees wat die byeenkoms met die ANC se regspan tussen 30 Januarie en 4 Februarie 1989 in Harare bygewoon het."
Inkommers deur Hans du Plessis, ’n resensie
2022-11-15"Is ons almal nie maar inkommers nie en is dit nie almal se verantwoordelikheid om die omgewing en die liefde vir die natuur vir ons nageslagte te bewaar nie?"
Stellenbosch Law Faculty 100 years | Stellenbosch Regsfakulteit 100 jaar deur Gerhard Lubbe en Andreas van Wyk: ’n boekresensie
2022-11-15"Soos mens kan dink, skemer iets van die onstuimigheid van die nuwe bedeling, met sy Grondwetlike eise van gelykheid, en die taalstryd aan die universiteit deur, hoewel noodwendig ietwat versluier agter die feit dat die publikasie ’n (ietwat polities korrekte?) beelddraer van die universiteit is."
Lesersindruk: Boipelo se slim ruilhandelprojek sal jou nie onaangeraak laat nie
2022-11-15"Dis meer as ’n baie goeie tienerboek; dit fokus jou aandag weer op die klein juwele in die lewe, wat so maklik deur die oorverdowende geraas van die alledaagse verdwerg word."
Lesersindruk: Swartz kloof sy siel soos die Rooi See in Kies die lewe oop
2022-11-14"Sy Facebook-plasings waarin hy mense by die skryf van die boek betrek, is toegestroom en hy deel ook van hierdie hartverskeurende brokkies in sy boek."
Nuwe geskiedenis van Suid-Afrika deur Herman Giliomee, Bernard Mbenga, en Bill Nasson (redakteurs): ’n LitNet Akademies-resensie-essay
2022-11-10"Wat is nuut aan hierdie nuwe(r) geskiedenis?"
Bamboozled: in search of joy in a world gone mad deur Melinda Ferguson: ’n boekresensie
2022-11-09"Die lewe is beslis nie vir sissies nie, en Melinda Ferguson is beslis geen sissie nie. Sy klim kaalvuis en onbeskaamd in haarself in, en neem die leser op vele insigvolle perspektiewe en roetes van haar deurwinterde en welbeskrewe ervaringe."
Dryf deur Cecilia Steyn: ’n resensie
2022-11-08"Met Dryf vestig Steyn haarself as ’n bedrewe, veelsydige skrywer en verras sy lesers van haar heerlike liefdesverhale met ’n uitdagende en bevredigende speurverhaal. Dryf is ’n verhaal wat die leser mag bybly en laat nadink oor die vervlegtheid tussen mens en natuur en oor hoe lank dit nog moontlik sal wees om onbevange in die see te kan dryf asof jy 'tussen skitterende sterre sweef'."
Niemand doen dit beter nie: ’n lesersindruk van Tier one wild deur Dalton Fury
2022-11-07"Die Amerikaner David Wade Doyle, oftewel Daoud al-Amriki, die mees gesoekte man in die wêreld, is in Jemen besig om Engelstalige Jihadiste op te lei om die VSA te infiltreer."
’n Eerlike en heerlike reis: Hoerkind deur Herman Lategan
2022-11-02"Die lewe se harde hande het Herman toegerus met ervarings en emosies wat in sy talent as skrywer baie sterk na vore kom. Herman het sy liefde vir woorde en taal by die voete van meesters geleer, en dit is vandag die voorreg van elke leser om hierdie kunstenaar se werk te kan beleef op ’n vlak waar min mense presteer."
Kaap deur Hans Pienaar: ’n resensie in 33 verwysings
2022-11-02"Die risiko wat ’n skrywer egter loop met so ’n roman is dat die verhaal so gefragmenteerd raak dat die leser die kluts heeltemal kwyt raak."
Flora deur Engela Ovies: ’n resensie
2022-11-02"Daar’s min wat jou voorberei vir Flora Beukes se odyssey. Sodra jy die boek optel, gryp Siena Beukes se anxiety jou soos sy haarself gereed kry vir nog ’n thriller wat op haar plaashuisie op Vlakpoort gaan afspeel sodra haar man Frans later vannag van’ie buurplaas, Diepleegte, ingeslinger gaan kom en sy frustrasies op haar en die kinders kom uithaal. Skaars twee bladsye in of ’n diep simpatie teenoor haar en’ie kleinspan, Dirk, Truida, Peet en Flora, beweeg jou binneste soos wurmstroop."
