Resensies

Kenners resenseer die jongste boeke.
Experts review the latest books.

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Skoolleierskap en die skep van produktiewe leerruimtes in skole deur Johan Burger en Aslam Fataar: ’n resensie

Michael le Cordeur Resensies 2022-03-16

"Al wat nodig is, is om nuut oor onderwys te dink."

Die boekwinkel tussen die wolke deur Jaco Jacobs: ’n boekresensie

Anke Theron Resensies 2022-03-15

"Daar is interessante karakters en onverwagse wendings ... Ek het tog ’n bietjie slaap verloor, want ek kon nie die boek neersit nie."

Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Februarie 2022

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2022-03-10

Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Februarie 2022 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.

Ludo het sy nering gevind: Kry vir jou deur Francois Bloemhof

Malene Breytenbach Resensies 2022-03-09

"Dit lees lekker en is vol allerhande wyshede, navorsing oor die verlede, pittighede en lagwekkende gebeure. Dit is ’n speurverhaal sonder polisiebetrokkenheid en grusaamheid."

Cosmonauts do it in heaven by Keith Gottschalk: a book review

Karina Magdalena Szczurek Books and writers 2022-03-08

"For the uninitiated, Cosmonauts do it in heaven might feel like an exploration of space itself, seemingly obscure and impenetrable at first, but the poetry is infused with a desire to take the great leap, to reach for the sky and to celebrate its wonders and 'mysteries,/ solved & sensuous' ('First light')."

Antoinette sê ... deur Antoinette Pienaar: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-03-08

"Mense wat gereeld na Radio Sonder Grense (RSG) luister, het waarskynlik al gehoor van “die kruietannie”. Gewoonlik is jy in jou kar, in die middel van die kruipende stadsverkeer met die radio aan, besig om te probeer jaag van punt A na punt B. Die volgende oomblik word jy meegesleur na die eenvoudige(r) lewe op Theefontein."

Gourmetkok en troostannie: Sally Andrew se tannie Maria kook weer in The milktart murders

Anschen Conradie Resensies 2022-03-08

"Die ontrafeling van die moordraaisels was baie oorspronklik; dis ’n lekkerte vir enige boekliefhebber as ’n biblioteek vol boeke deel van die leesgenot uitmaak."

Die vloek van Levitikus deur Ben Viljoen, ’n lesersindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-03-07

"Gaan ek my kind weggooi of wegjaag as hy of sy gay is? Gaan ek deel wees van die probleem, of die oplossing?"

Anderkind deur Betsie van Niekerk: ’n resensie

Henriëtte Loubser Resensies 2022-03-04

"Met die lees van Anderkind kan die jong lesers hulle vereenselwig met uitdagende, vreesaanjaende en moeilike situasies oor tye heen. Hulle mag egter ook bewus raak van oplossings en moontlikhede; van die uitkoms wat hoop bring."

It will shock, upset and educate, a review of Guns and needles by Clinton van der Berg

Andrew Breetzke Books and writers 2022-03-01

"While newspaper articles have often provided superficial reports on high-profile doping cases, Van der Berg provides detailed information that readers will find interesting and in some cases alarming."

’n Skeppie Kleur en karamel vir jou vrugteslaai

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-02-22

"Die waarheid is, ons voorgeslagte het vir ons gelieg! Om gay te wees, is so oud soos die mensdom self. Dit is maar net een aspek van menswees. As ek nie gay is nie, gee dit my geen paspoort om gay mense te veroordeel nie."

Vrugbeginsel deur De Waal Venter: ’n resensie

Daniel Hugo Resensies 2022-02-17

"De Waal Venter se digbundels was te dikwels verwaarloosde boeke in die verskroeiende son van die literatuurkritiek. Lees hom; hy het veel te bied."

Die teenoorgestelde is net so waar deur Azille Coetzee: ’n resensie

Ilse de Korte Resensies 2022-02-17

"[D]ie herkenbaarheid van ons hedendaagse bestaan in Coetzee se roman val op."

Ons het ver [...] versit deur Patrick J Petersen: ’n boekresensie

Courtneigh Ess Resensies 2022-02-17

"Dit is, om Ngũgĩ wa Thiong'o se woorde te gebruik, ’n literêre monument. Dis ’n stem wat steeds hard praat, oor jare heen, selfs oor die dood heen. ’n Dringende stem. ’n Dwingende stem. ’n Stem van en vir vryheid en bevryding."

Madame Livingstone deur Barly Baruti en Christophe Cassiau-Haurie, ’n resensie

André Trantraal Resensies 2022-02-16

"Te’wyl Mercier se relative open-mindedness maak dat hy en sy racist compatriots constantly at odds is met mekaa, issit dieselfde tolerant ytkyk wat maak dat ’n unlikely bromance tussen Madame Livingstone en hom blossom."

Bientang, soveel meer as ’n weggooi-opmerking teen die kakapusa

Denver Breda Resensies 2022-02-14

"Vandag is daar die Shell drilling sagas ensovoorts, en tog was dit ons Khoi-mense wie vir duisende jare na die see gekyk het, en vandag word ons eintlik misgekyk. Kakapusa (amnesia) is iets wat ek altyd in my kuru, my werk, sit."

Om alleen te gaan deur Nicole Jaekel Strauss: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Louise Viljoen Resensies 2022-02-09

"Dit is ... ’n roman wat in alle opsigte ’n waardige opvolger vir Strauss se suksesvolle kortverhaalbundels is en wat by talle lesers byval behoort te vind."

Tao van wakker word – spirituele gids tot innerlike ontwaking deur Abel Pienaar: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-02-08

"Ons vrese, ons illusies oor wie ons is, oor wat kan wees of kon gewees het – dit is nie wie ons werklik is nie. Maar daardie besef moet eers tot ons deurdring en dan kan ons bewustelik daarvan wegstap. Met Tao van wakker word verskaf Pienaar vir die leser ’n praktiese model van presies hoe om dit te doen."

Mission of malice: My exodus from KwaSizabantu deur Erika Bornman: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-02-03

"Die boek strek egter ook veel verder as die skrywer se persoonlike ervaringe en dokumenteer onder meer haar pogings om die beweerde menseregtevergrype by die sendingstasie aan te spreek. In die proses is daar getuienisse versamel, en voormalige inwoners getuig ook van ander skokkende beweringe, soos maagdelikheidstoetsing waaraan van die Zoeloesprekende jongmense onderwerp was, asook aanrandings."

Luuk Gruwez: Weerbare weemoed, uit Nederlands vertaal deur Hennie van Coller

Wium van Zyl Resensies 2022-02-03

"En wat ek ook al verder mag uitwys, Weerbare weemoed bevat vertalings waaraan ek groot plesier beleef het. Dat die boek ook die oorspronklike Nederlandse tekste bevat, is ook waardevol."

Top