Lesersindrukke

Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.

Daar is méér deur Daniël Louw, ’n lesersindruk

Cas Vos Lesersindrukke 2023-04-25

"Hoe beïnvloed dit ’n antropologie wat cogito, ergo sum verskuif na: Ek word gedigitaliseer, daarom is ek? Homo religionis word nou gestruktureer deur Homo digitalis. Maar daar is meer aan die bod as net dit."

Om by die KhoiSan te kan leer, ’n lesersindruk van First people deur Andrew Smith

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-04-25

"Elke nuwe generasie sal die geleentheid hê om met nuwe, verbeterde tegnologie en insigte te kan werk om sodoende meer ván, maar ook bý, die Khoisan te kan leer."

Omgee vir slagoffers: ’n lesersindruk van Michael Connelly se Desert star

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-29

"Ek kon nooit my vinger daarop sit waarom Connelly se boeke vir my so uitstaan nie. Dalk is dit sy indiepte-waarneming van speurders en sy gesels met moordenaars wat sy boeke geloofwaardig maak en die leser deel van die ondersoekspan laat voel."

Geloofsgesprekke in die Tsitsikamma deur Julian Müller, ’n lesersindruk

Jean Oosthuizen Lesersindrukke 2023-03-14

"Hierdie belydenis van onder andere Jesus wat gebore is 'uit die maagd Maria', 'die opstanding van die vlees' en die 'ewige lewe' maak vir baie gelowiges nie meer sin in die wêreld waarin ons vandag leef nie."

Wraak! ’n Lesersindruk van Hunting time deur Jeffery Deaver

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-13

"Die skrywer stel gewoonlik sy plot soos ’n ervare bommaker saam – booby trap op booby trap."

Boeiend en met deernis: The price of mercy deur Sean Davison, ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-03-09

"’n Mens sal ’n fout maak om te dink dat hierdie onderwerp een is waarby jy geen belang het nie. Die mens se lewe kan in ’n oogwink verander na aanleiding van ’n motorongeluk, ’n diagnose, of wat ook al die geval mag wees. Dit is inderdaad wat met talle mense gebeur het wie se stories in hierdie boek gedokumenteer word."

Aangeraak in die maalstroom van die Paasgebeure deur Jopie Coetzee, ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2023-03-02

"Elkeen van hierdie 42 verhale staan op sy eie, maar vorm saam ’n geheel as roman. Wat opvallend is, is hoe die skrywer in al hierdie verhale met slim taktiek en fyn nuanses die leser lok om dieper te lees, dieper na te dink en emosies te ervaar asof die leser self dáár was."

Mike Nicol se roman The rabbit hole is trots Suid-Afrikaans, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-03-02

"Alhoewel Fish, die surfer / privaatspeurder wat dagga smous, my sterk aan Vachss se Burke laat dink, is dit sy newekarakters wat die boek as eg Suid-Afrikaans brandmerk en ’n outentieke geur gee."

Time shelter deur Georgi Gospodinov, ’n lesersindruk

Johan Schoeman Lesersindrukke 2023-03-01

"Die lees van die boek het my herinner aan ’n moderne Milan Kundera (The book of laughter and forgetting). Time shelter speel aanvanklik met die kwessies van onthou, vergeet en die persoonlike belewenis hiervan, veral by mense wat aan Alzheimer se sindroom begin ly."

Iets vir baas én Klaas: ’n lesersindruk van Impossible bosses

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-02-23

"Wat nogal verfrissend is, is dat daar in die boek op ’n heel genuanseerde manier na hierdie 'moeilike bestuurders' gekyk word. Die klem word gelê op die feit dat eienskappe nie noodwendig altyd inherent goed of sleg is nie. Alles word bepaal deur die situasie en konteks."

Wimpers op lakens belig vrouwees: ’n lesersindruk

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2023-02-16

"Die vertellinge begin gewoonlik waar die vroue ’n afspraak maak sodat Bredenhann hulle afneem. Reeds dán al vorm hy ’n idee van die vrou wat vir sy kamera gaan poseer, maar hy word telkemale verras, want vroue is soveel meer as hoe hulle lyk en wat hulle sê."

Project Paperclip: a reader’s impression of Bridget Krone’s youth novel, The Cedarville shop and the wheelbarrow swap

Irene Schoonwinkel Books and writers 2023-02-16

"This is definitely a novel I would recommend to anyone who wants to read something that embodies traditional South African words, phrases and sayings. It would certainly make an excellent gift for non-South African readers!"

Twee Suid-Afrikaners kan die wêreld iets leer: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-02-09

"Ek voel sterk dat die antwoord in Suid-Afrika lê. Jaco Wolmarans se Ivoor en Dibi Breytenbach se Buit sal nie net die leemte vul nie, maar sommer ook die genre upgrade."

Vernuwende werk: ’n lesersindruk van A quiet man deur Tom Wood

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-02-08

"Dit is tyd dat skrywers van huurmoordenaars en koverte operateurs as antihelde dieper delf om nuwe lewe in die genre, wat sedert die oorlog teen terrorisme ’n ongekende bloeitydperk beleef, te blaas."

60 op 60 deur Clinton V du Plessis, ’n genuanseerde bundel

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-02-06

"Afrikaans en die Suid-Afrikaanse ervaring staan sentraal in Du Plessis se verse, maar agter al die dokumentasie van stories en karakters skuil daar ’n boodskap in Du Plessis se verse, ’n mens kan sê ’n metanarratief, wat spreek van die mens se ewige soeke na konneksie, sin, betekenis; in kort: stories."

’n Lesersindruk van Hunter Killer deur Brad Taylor

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-01-24

"Gewere kletter sonder end, almal ken hul wapens en die boeke is deurdrenk van inside inligting – hierdie boek is geen uitsondering nie."

Die tweede wenner van die R1 500-prys

LitNet, Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2023-01-24

"Enige joernalis kan beaam dat as mens moeilikheid wil soek, jy dit die maklikste sal regkry deur oor godsdiens te skryf, en spesifiek ’n wenkbrou te lig oor die aard en relevansie van die Bybel vir die moderne leser."

Heimwee deur Sophia Kapp: ’n lesersindruk

Cliffordene Norton Lesersindrukke 2023-01-20

"Dit is ’n wonderlike getuigskrif van ’n ma, nie die stereotipiese goeie of slegte moederfiguur nie, maar van ’n vlees-en-bloed-ma. Met al haal foute en haar tekortkominge. Dit maak Heimwee besonders."

AfvlerkMens deur Grant Jefthas: ’n lesersindruk

Anschen Conradie Lesersindrukke 2023-01-20

"Die digter waag om die bundel in kombinasies van Standaardafrikaans, Engels en Kaaps aan te bied en wend die variasies doeltreffend aan om die onderskeid in lewenstadiums te illustreer. Die gedigte wissel eweneens tussen tradisionele rymvorme en vrye verse en dis veral by laasgenoemde waar die digter se talent rou en onbeskroomd geopenbaar word."

Spesmagte tops in Andy McNab se The hunt, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-01-10

"Die reeks, wat met The hunt afskop, handel oor ware spesialemagteoperasies. En alhoewel hy in die boek spesifiek op die SBS (Special Boat Service) se operateurs fokus, kleur McNab die volledige prentjie in van wat alles agter die skerms gebeur."

Top