Lesersindrukke

Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.

Omvattend en deeglik: ’n lesersindruk van ELP Stals se Die geskiedenis van Die Broederbond

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-07-21

"ELP Stals se geskiedenis van die AB is goed gebalanseerd en dit is die belangrikste en omvattendste boek wat nog oor die AB verskyn het. Hy skram geensins weg van omstrede sake nie, en lewer verskeie vars insigte in die geskiedenis van dié omstrede organisasie."

Lesbies? Gewoon eietyds? ’n Lesersindruk van Kleur en karamel deur Analize Viljoen

Trisa Hugo Lesersindrukke 2022-07-19

"Sy het geensins probeer om die karakters in enige boksie te plaas, of spesifieke 'gay' optrede verwag van die karakters nie. Dit is ’n segment van die lewe, ’n liefdesverhaal soos enige ander."

Trauma en verlies in Kamphoer deur Francois Smith

Zelda Mans Lesersindrukke 2022-07-18

"Die trauma wat Susan Nell beleef het is veelvuldig. Haar verkragting in die Winburgse konsentrasiekamp tydens die Anglo-Boereoorlog deur twee Britse offisiere en ’n joiner word vererger deur die wreedaardige wyse waarop sy vir die dood agtergelaat is."

Rut en Boas – ’n liefdesverhaal deur Barend Vos: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-07-14

"Die verhaal van Rut het dus waarde vir die gelowige, vir die Christen, maar ook vanuit die sekulêre oogpunt is dit duidelik dat mens hier te make het met ’n literêre interessantheid wat die lees werd is. Alhoewel die samelewing ter sprake in aard en konteks totaal verwyderd is van ons eie wêreld van vandag, is Rut ’n verhaal met elemente soos hoop, vertroue, mededeelsaamheid, liefde en vreemdelinge wat met mekaar moet saamleef."

Verweefde emosies in ’n brandspoor: ’n Lesersindruk van Vlam deur Sidney Gilroy

Erla Diedericks Lesersindrukke 2022-07-07

"As die brandpatrone korrek geïnterpreteer word, sal dit jou teruglei na die oorsprong van die brand. Maar jy moet terugwaarts beweeg, in die verlede in, terug op die spore van verwoesting wat gelaat is."

’n Lesersindruk van Spel deur Annerle Barnard

Melanie Pienaar Lesersindrukke 2022-07-05

"Alles behoort aan die staat en alle vorme van religie is verbode. Tegnologie word gesien as die oplossing vir alle probleme en selfs die kos is kunsmatig."

Die brug van ongesêde dinge deur Elna van Niekerk, lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2022-07-01

"Dis die ongesêde dinge, die implikasie, wat sorg vir misterie en ’n betekenis wat jou tussen die oë tref. "

Die slegte nuus van die evangelie deur Johan Retief: Sakkie Spangenberg deel sy indrukke

Sakkie Spangenberg Lesersindrukke 2022-06-07

"Die reis wat hy afgelê het, is ’n reis van ’n al groter wordende ontnugtering en hy vra verskoning dat hy deel gehad het aan die indoktrinasie en misleiding van mense."

Moer deur Michèle Meyer: ’n lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2022-06-01

"Elke karakter in hierdie boek vertel ’n stukkie van die ma-wees-verhaal. Katrin word Kylie se spieëlbeeld, se ander moontlikheid. Sal ’n vrou ooit die skoene van moederskap kan volstaan? Hierdie boek sal jou hart uit jou borskas ruk."

Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar deur Christo van Rensburg: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-05-31

"Christo van Rensburg se Die Afrikaanse woordelys en spelreëls se eerste honderd jaar is werklik ’n boek waarvan mens kan sê dat dit die perspektief verruim."

’n Klassieke verhaal: Labirint deur Chanette Paul

Erla Diedericks Lesersindrukke 2022-05-23

"Labirint is geskoei op ’n storie in die Griekse mitologie wat vertel van die doolhof wat deur koning Minos onder sy paleis gebou is om sy stiefseun, ’n minotaurus met die kop van ’n bul en die lyf van ’n man, in weg te steek."

As die katjiepiering blom deur Audrey Jantjies: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-05-16

"Dit is die soort boek dié wat nuwe wêrelde vir die leser ontsluit, en mens laat uitsien na wat nog alles in die verskiet lê vir die Afrikaanse verhaalkuns."

’n Steam punk-keilhoed vol pluimpies vir Die 17de veer as hoërskoolroman

Karin Tomlinson Lesersindrukke 2022-05-12

"Die 17de veer kan beslis goed werk as ’n voorgeskrewe boek vir hoërkoolleerders en kan vir lewendige gesprekke in Afrikaans Huistaal- of Eerste Addisionele Taal-klasse sorg."

Rise deur Siya Kolisi en Boris Starling: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-04-26

"Die laaste woord oor hierdie inspirerende en legendariese rugbyheld is Rise egter nog lank nie. Alle rugby-oë sal spoedig wees op die 2023-Wêreldbeker, wat beloof om ’n verwoede stryd af te gee."

Inferno, vertaal en verklaar deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2022-04-19

"Hy hou in Afrikaans met rym vir die kanto’s van Inferno vol en slaag ook daarin om die essensie van Dante se poësie deur te gee."

Die ompad terug deur Helena Hugo, ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-04-13

"In haar gemoed is Janine nou verdeeld tussen drie mans: Greg, die pa van haar drie dogters; Bennie Kowalski, wat haar skoolliefde is en wat die hoop koester op Janine se terugkeer na die Weskus; en dan Werner Hougaard, die stinkryk sakeman vir wie geld geen probleem in die lewe is nie, maar wat getroud is."

Verskrikking in die ergste graad: So lyk ’n vrou ... deur Ilse Verster

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-04-12

"Jaloesie is een van die eerste merkbare kenmerke van ’n narsis. Meng dit met beheer, ongegronde beskuldigings, verwyte, minagting, onredelike vereistes en woedebuie alles saam in ’n whiskeyglas met drie blokkies ys, dan het jy die volmaakte resep vir ’n gewaarborgde aanslag."

Nuances and other stories by Dianne Stewart: reader impression

David Willers Books and writers 2022-04-11

"Dianne Stewart’s stories are effective because they, too, are rooted in the modern everyday experience of ordinary people with whom we can identify. We cannot predict their ending in most cases, because they are often left open-ended, but it is our imaginations that supply the denouement, depending on which door we open – it puts the reader in the position of being an arbiter of fate."

In die tyd van die gif deur Dana Snyman: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-03-23

"Die stories werk, omdat dit spreek tot baie soorte lesers, van die meer gewone mens op straat tot die meer gesofistikeerde intellektueel. Mens kan dit ’n bietjie vergelyk met ’n goeie ou Theuns Jordaan-treffer. Die hoofouderling en die kroegvlieg luister ewe lekker saam. So is dit met Snyman se boeke."

Openbarend: 1 Recce, volume 3 deur Alexander Strachan, ’n leserindruk

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-03-23

"Die moeilikheid met wysheid is dat ’n mens nie weet dat jy nie weet nie. Ek het my mond vol gehad oor die bosoorlog, net om nou met ’n bloedbek te bieg dat ek honderd en een persent boggherol daarvan geweet het nie."

Top