Lesersindrukke

Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.

Lesersindruk: Swartz kloof sy siel soos die Rooi See in Kies die lewe oop

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-11-14

"Sy Facebook-plasings waarin hy mense by die skryf van die boek betrek, is toegestroom en hy deel ook van hierdie hartverskeurende brokkies in sy boek."

Niemand doen dit beter nie: ’n lesersindruk van Tier one wild deur Dalton Fury

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-11-07

"Die Amerikaner David Wade Doyle, oftewel Daoud al-Amriki, die mees gesoekte man in die wêreld, is in Jemen besig om Engelstalige Jihadiste op te lei om die VSA te infiltreer."

’n Eerlike en heerlike reis: Hoerkind deur Herman Lategan

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-11-02

"Die lewe se harde hande het Herman toegerus met ervarings en emosies wat in sy talent as skrywer baie sterk na vore kom. Herman het sy liefde vir woorde en taal by die voete van meesters geleer, en dit is vandag die voorreg van elke leser om hierdie kunstenaar se werk te kan beleef op ’n vlak waar min mense presteer."

’n Wond deur sy pa toegedien: ’n lesersindruk van Seuns sonder pa’s deur Julian Jansen

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-11-01

"As gemeenskap kan ons die wêreld ’n beter plek maak wanneer ons mans vaders vir die vaderlose seuns word."

Indrukwekkend: ’n lesersindruk van Die bewonderaar deur Erla-Mari Diedericks

Jo Els Lesersindrukke 2022-11-01

"Die bewonderaar het my mateloos beïndruk, en bevat beskrywings wat nie aanbeveel sal kan word vir sensitiewe lesers nie. Dis ’n uiters uitdagende boek in alle opsigte, en die deurlopende snaarstywe spanningslyn word puik volgehou."

Ligloop op jou lewenspad deur Cas Vos: ’n lesersindruk

Pieter Verster Lesersindrukke 2022-11-01

"Dit is geen oppervlakkige reis van ’n gelowige nie, maar dit lei tot ’n diepgaande ontmoeting met God. Selfs diegene wat uiters onseker geword het en in twyfel verval het, kan met vrug die reis saam met Vos meemaak."

Van boekwurm tot skerpskutter, ’n lesersindruk Kate Quinn se The diamond eye

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-10-26

"Ek beveel The diamond eye vir lesers aan wat van historiese romans, komplotteorieë en politieke spanningsverhale hou, asook vir aanhangers van Stephen Hunter, Scott McEwen en Jack Coughlin se skerpskutterreekse."

Uncaptured deur Mosilo Mothepu: ’n lesersindruk

Elridus Grobler Lesersindrukke 2022-10-20

"Hierdie ongekompliseerde kragtoer gaan jou woedend en simpatiek maak oor die soveel kere wat die staat ander staatsinstellings teen Mothepu gebruik het in stede daarvan om haar te beskerm."

The Bourne Sacrifice deur Brian Freeman, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-10-17

"Hierdie kat-en-muis-spel is ’n móét-lees nie vir enige Bourne-aanhanger nie, maar ook vir diegene wat van spioenasie, sluipmoorde en komplotteorieë hou. The Bourne Sacrifice is Bourne op sy beste!"

History of South Africa from 1902 to the present, ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-10-17

"As ’n mens so blaai deur Simpson se boek, dan is die storie van Suid-Afrika tog maar ’n droewige storie. ’n Stryd om grond- en minerale rykdomme wat diep uit die aarde gedelf is, teen die prys van tragiese ontwrigting van geslag op geslag se goedkoop arbeid."

Koos Bekker’s billions deur TJ Strydom, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-10-13

"Koos Bekker’s billions is ’n broodnodige toevoeging tot literatuur rondom die Suid-Afrikaanse besigheidselite. Ek beveel dit vir enige persoon aan wat wonder hoe ’n mens dit kan regkry om skatryk te word."

Wees bevrees: Genesis deur Chris Carter, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-10-13

"Genesis het my so vreesbevange gehad, ek wil beslis nie ’n karakter in een van sy boeke wees nie."

On scope deur Jack Coughlin en Donald A Davis, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-10-04

"In On scope, die sewende boek in die reeks, staan Spanje ​​op die rand van ekonomiese ineenstorting. ’n Alliansie van Islamitiese bankiers stel ’n reddingspakket sonder enige voorwaardes voor. Hul onderliggende doel is egter om die eenheid van Europa te verbreek en Madrid op die pad na Islamitiese bewind te plaas."

Deesdae word opkomende skrywers met Brad Thor vergelyk, ’n lesersindruk van Near dark

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-10-03

"Ná 19 boeke in ’n reeks dink ’n mens maklik jy het al alles gelees wat Brad Thor na jou kant toe kan gooi, maar Scot Harvath pronk nie verniet gereeld op #1 op die New York Times se blitsverkoperslys nie."

’n Aanwins vir die siel, ’n lesersindruk in Jerry Mofokeng wa Makhetha se boek I am a man

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-09-30

"Dit voel amper of die leser saam met hom in die stofpaaie van Orlando West na Belle Primêre Skool toe loop. Proe saam met hom sy eerste soen. Vlug saam met hom soos rotte uit huis 8298 nadat die polisie traangas deur die vensters geskiet het."

Kleurvolle karakters, deurdinkte storielyne, kitsduiwels: The way I die deur Derek Haas, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-09-13

"Die eerste keer wat ek die hit man Columbus se naam gehoor het, was in ’n Criminal minds-episode. Ek het gegoogle om te kyk of daar wel so ’n boek bestaan en vasgestel dat dit die tweede boek in Derek Haas se Silver Bear-trilogie is."

Is my waarheid dié waarheid? ’n Lesersindruk van Toe als groen was

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2022-09-06

"An-Mari do Carmo, baie dankie vir hierdie boek. Ek vermoed ek het meer emosies beleef terwyl ek Toe als groen was gelees het, as wat ek dalk in my hele lewe moes konfronteer. Ek meet ’n boek aan die tipe vrae wat dit oor my eie sienings ontketen. Gaan dit van my ’n beter weergawe van myself maak? Beslis!"

Geseënd is dié wat treur, saamgestel deur Susan Jordaan: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2022-09-06

"Daarteenoor het die eenvoudige daad van die deel van ervaringe in die vorm van verhale besondere potensiaal en krag, omdat dit mens so onder die indruk bring van die feit dat jy nie alleen is in jou gewaarwordinge nie. Dat daar mense voor jou was wat presies kon verwoord wat jy dalk self nie geweet het hoe om dit te verwoord nie."

Oud, maar nie koud! Eddie’s boy deur Thomas Perry, ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-09-05

"Perry slaag daarin om nuwe lesers sowel as Butcher’s boy-volgelinge op hoogte te bring, nogtans beveel ek aan dat die vier boeke in volgorde gelees word."

Propvol aksie: Sierra Six deur Mark Greaney, lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2022-09-01

"Die boek is propvol aksie, gewere, bomme en tegniese besonderhede waaraan ons in Clancy-verhale gewoond geraak het. En om die spanning lekker uit te rek, spring die hoofstukke heeltyd tussen die hede en verlede rond."

Top