Lesersindrukke

Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.

Raaiselroman: ’n lesersindruk van Ons skulde deur PP Fourie

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-07-25

"Fourie slaag meesterlik daarin om die leser die heeltyd aan die raai te hou. En jou naels te kou."

Lesersindruk van Die fantastiese mevrou Smit deur Elizabeth Wasserman

Marlien Heystek Lesersindrukke 2023-07-17

"Die tempo van die slim bedinkte plot is con brio, met die onortodokse hoofkarakter wat haar in een onverwagte, ontstellende situasie, gebeurtenis of konfrontasie na die ander vasloop, terwyl sy probeer om die sterftes en moorde te ontrafel."

Injustices not to be forgotten: a reader’s impression of Bridget Pitt’s novel Eye brother horn

Irene Schoonwinkel Books and writers 2023-07-15

"It is difficult to read about all the injustice that accrued and how some missionaries were funded by slavery, but it is also a beautiful story about people who were able to see beyond race, culture, beliefs and societal status."

Elke dag ’n mooi nooi en ’n moord deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk

Sarel Venter Lesersindrukke 2023-07-05

"Dit is regtig ’n lekker en lesenswaardige boek hierdie. Of dit Van Deventer se laaste boek is, sal ons maar moet sien."

Museum Times: Changing histories in South Africa deur Leslie Witz: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-06-22

"Tog is museums juis plekke wat sentraal staan in die hervorming van die presiese maniere waarop mense oor die verlede dink. Anders gestel, museums bewaar die verlede, maar ontwrig ook gedurig mense se persepsies van die verlede."

Oor kraaie en neste: ’n lesersindruk van Salemstraat deur Erla Diedericks

Anne-Marie Burger Lesersindrukke 2023-06-22

"In Salemstraat kuier en bly die inwoners heel gemaklik langs mekaar en die lewe gaan sy gewone gang. Maar dis nou net hier waar al die moeilikheid begin, want hoe gewoon is jou bure se lewe?"

Liefde is liefde, dis só eenvoudig: Oktober deur Réney Warrington

Erentia Bedeker Lesersindrukke 2023-06-20

"En dit laat my wonder hoekom ons liefde netjies in pakkies wil vasknoop en name gee. Hoekom wil ons so graag etikette op alles plak? Ek het dit self gedoen toe ek die boek se agterblad gelees het – ’n queer love story, nie net ’n love story nie."

Hope, belief: A reader’s impression of 21 Voices by Marthie Momberg

Rachelle Kirsten Books and writers 2023-06-15

"What is so special about this book is the hope and belief among the interviewees that there can be a solution that will free all the inhabitants to live free from fear and war."

Love, lies and deception: A reader’s impression of The red fawn by Ed Razzano

Neville Smith Books and writers 2023-06-15

"Razzano has engaged with a number of controversial aspects of historical and contemporary South African society in the telling of an exciting story. His insights and observations are striking, provocative, humorous and unique."

So nodig soos kamele: ’n lesersindruk van Marthie Momberg se 21 Voices from Israel and South Africa

Chris Jones Lesersindrukke 2023-06-07

"Haar bydrae gaan daaroor dat ’n lewe van integriteit juis beteken om openlik aan die kant van die onderdrukte te staan – waar ook al in die wêreld."

Waagmoedige antwoorde: ’n lesersindruk van Ter wille van oorlewing, ideologie en geld­ deur Johannes D Froneman

Hennie van Deventer Lesersindrukke 2023-06-07

"Ideologiese vraagstukke waaroor debatte veral op sosiale media van tyd tot tyd opvlam, lê aan die hart van die boek: die soeke na vrede deur geregtigheid en die rol wat redakteurs en joernaliste tydens politieke woelinge in die vorige eeu, veral in die jare negentigs voor en tydens die 1994-verkiesing, gespeel het."

’n Lesersindruk van die belewenisse van ’n latinis deur Jan Swanepoel

Gunther Pakendorf Lesersindrukke 2023-05-31

"Veral die noem van Catullus se naam het my aan die opwindings en verwarrings van my prille jeug laat dink, hy wat sy geliefde stoutmoedig vra – of is dit soebat, dalk uitdaag? – om hom weer en weer te soen: Duisend maal, daarna honderd en dan weer ’n duisend maal."

’n Lesersindruk: Converting missions – Carnarvon: A decolonial case study deur Izak C Potgieter

Wilhelm van Deventer Lesersindrukke 2023-05-29

"Deur middel van hierdie publikasie plaas die skrywer die saak van kerke, kerklike verhoudinge en die grondkwessie opnuut in die kollig, veral omdat ’n hele aantal kerke gedurende die koloniale en apartheidstye aandadig was aan die onteiening van grond wat oorspronklik aan inheemse families en volkere behoort het."

There is no us: A reader’s impression of Eye brother horn by Bridget Pitt

Maretha Maartens Books and writers 2023-05-18

"It is impossible to skim through Bridget Pitt’s brilliantly crafted and meticulously researched historical novel, which relates its story from 1862 to July 1879. Eye brother horn is like a rip current by which the reader is swept into an inescapable historical reality."

Wie skrik vir Wortel Wolf? deur Leon-Ben Lamprecht: ’n lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2023-05-17

"Wat hierdie boek laat uitstaan bo ander, is die humor. En daar is humor vir beide grootmense en kinders."

Know my name deur Refiloe Moahloli: ’n lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2023-05-16

"Ons het hier te doen met ’n Suid-Afrikaanse Tswana-gesin: die streng ma wat met ’n ferm, liefdevolle hand regeer, die onbekommerde, sokkermal pa en die loskop seun wat moeiteloos deur die lewe gaan maar nogtans links en regs pryse inpalm."

’n Ahistoriese soeke na engele

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-05-09

"Engele is ouer as die Christendom. Lank voordat teoloë die triniteitsleer gekonsepsualiseer het, was stories oor engele al in die omloop."

VivA gebruik kortverhale om talent te slyp

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-05-04

"Kortverhaalskrywers het ’n platform nodig. Al bestaan die bundels net uit vyf kortverhale, gee dit die skrywers moed om aan te hou skryf, en vestig hul name in leserskringe."

Skryf ChatGPT deesdae dooie mense se boeke?

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-05-03

"Die vrae wat sedert my vrou se opmerking by my spook, is: Hoekom lees ek boeke deur skrywers (meestal onbekend) wat ’n heelal – ongeag of dit Ludlum, Tom Clancy, Vince Flynn, ensovoorts is – aan die lewe probeer hou, lank nadat die skepper dood is?"

Die kerk met die verkeerde baas deur Gerhard Mahne: ’n lesersindruk

Henrietta Klaasing Lesersindrukke 2023-05-02

"As jy op hoogte wil kom van die vernietigende invloed van die tydsgees en kulture, wat gedurig verander, op kerke, is hierdie boek ’n moet-lees. Dit is geskryf vir die man op straat, die gewone lidmaat in enige kerk."

Top