Lesersindrukke

Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.

Vertellings uit die vergetelheid deur Danie Schoeman: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2024-01-16

"Schoeman skryf sy perspektief op Bophuthatswana gedagtig aan Suid-Afrika se politiek van 2024, en is duidelik besig met ’n herevaluasie van Bophuthatswana."

How to hide inside a three deur Jane van der Riet: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2024-01-08

"As ’n mens kinders grootgemaak het (soos ek), met ’n dokter getroud is (soos ek), en nie perfek is nie (soos ek), dan kan jy dikwels nie help om saam met die karakter te lag nie. Al is dit nie noodwendig alles snaaks nie, en al is dit net om jou eie gesig in die situasie te herken."

It’s always Friday somewhere in the universe by Joe Kitchen: a reader’s impression

Gerhard S (Nols) de Bruin Books and writers 2024-01-04

"In his genius way, and always with a satirical and humorous tongue in the cheek, the reader is not only confronted with – but also brought up to date with – the latest science and questions about the reality in which we live."

Soos die kraai vlieg deur Christiaan le Roux, voorgelees deur Anrich Herbst: ’n lesersindruk

Laurette de Jager Lesersindrukke 2024-01-04

"Daar is geen spoor van brose manlikheid hier nie, net die eenvoudige eerbare paradoks wat daarna verwys om binne twee verskillende realiteite gelyktydig te bestaan."

Lesersindruk van Koos Visser se boek Die geestelike noodtoestand in die kerk

Henrietta Klaasing Lesersindrukke 2023-12-18

"Die skrywer skryf van leertugondersoeke waarby hy self betrokke was en sê dat die ommekeer in die kerk plaasgevind het toe Skrifkritiek en sogenaamde Bybelwetenskap deur liberale teoloë as van hoër gesag as die Bybel geag is."

Wanneer bereik ’n genre ’n versadigingspunt?

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-12-11

"As ek nou regtig braaf wou wees, kon ek dieselfde vraag aan die krimikorps rig. Wat laat ’n skrywer se boeke uittroon bo die res? En (ons fluister dit liewers): Is die beste regtig nog die beste?"

In what is vanishing: a reader’s impression of Durban’s Casbah by Ashwin Desai and Goolam Vahed

Darryl David Books and writers 2023-12-09

"Ashwin Desai and Goolam Vahed must be credited for making me see new beauty in what is vanishing. And for elevating the Durban Casbah to the pantheon of great South African places like District Six and Sophiatown."

Die grondgeitjie roep deur Emmie Bedeker: ’n lesersindruk

Jan Swanepoel Lesersindrukke 2023-11-28

"Die bundel bevat 46 meestal kort gedigte wat nie in afdelings verdeel is nie. Daar is ook ’n sewetal foto’s uit die digter se versameling in die boek opgeneem."

Toegepaste taalkunde in Afrikaans met redakteurs WAM Carstens en TJ van Dyk: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-11-27

"Ek meen nie dat Toegepaste taalkunde in Afrikaans die soort boek is wat ’n mens juis wil saamneem see toe na ’n lang, harde jaar nie. Tog behoort die lees daarvan vir enige persoon wat lief is vir taal, ’n verrykende oefening te wees."

Siembamba deur Madelein Rust: ’n lesersindruk

Irma Steffens Lesersindrukke 2023-11-22

"Reeds vroeg in haar huwelik vind sy uit dat sy eintlik net ’n inskiklike vertoonstuk, gewillige seksmaat en nou broeimasjien van die Rochebrandt-familie is."

Leo deur Deon Meyer: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-11-22

"Wat is ’n speurder sonder ’n misdaad om op te los of Bennie sonder dranklus om te onderdruk? In Leo word sy troudatum ingespan om ekstra spanning op te bou."

Die kerkseun deur WA Janse van Rensburg: ’n lesersindruk

Izak de Vries Lesersindrukke 2023-11-21

"Die ander deel van die storie word sommer op die (baie mooi) voorblad uitgespel. Willem ontmoet ’n wulpse vrou en daar word ’n appeltjie gepluk, wat natuurlik ook konflik teweeg bring."

Voorblad deur Hannes Visser: ’n lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2023-11-21

"As joernalis is Alex gewoond daaraan om boodskappe met nuus uit verskeie bronne te ontvang. Wanneer hy boodskappe uit ’n onbekende oord ontvang, raak dinge gou vreemd."

Joernaal deur Clinton V du Plessis: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-11-16

"Du Plessis se sukses as digter is waarskynlik veral daarin gesetel dat sy verse spreek tot ’n veel minder tradisionele lesersgehoor, mense wat dalk nie aldag tipies gelok voel tot poësie nie. Anders gestel, dit is verse wat waarskynlik as meer toeganklik vir die gemiddelde leser beskryf kan word."

’n Lesersindruk van Deur die tonnel van twyfel, Koos Kombuis se jongste boek

Sakkie Spangenberg Lesersindrukke 2023-11-06

"Die boek se titel verraai ’n tweërlei opset: Dit is eerstens ’n vertelling oor Koos se eie lewe en oor hoe hy sy twyfel oorkom het (Deur die tonnel), maar deur sy vertelling probeer hy ook ’n gesprek oor waardes aanwakker (op soek na waardes)."

Die geheime klippieklub deur Erla-Mari Diedericks: ’n lesersindruk

Trisa Hugo Lesersindrukke 2023-11-02

"Laag op laag, elke een op sy eie met unieke eienskappe, maar as geheel vorm dit ’n perfekte balans. My oerwonde wat heelgemaak word daardeur, vind weerklank uit die gevoel van Die geheime klippieklub."

Die Feetjie-Polisiediens deur Leon-Ben Lamprecht: ’n lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2023-11-02

"Nou, wanneer jy die tradisionele sprokies lees, het jy al ooit gewonder: Is daar nie polisie in feetjieland wat al die misdade wat gedurig plaasvind, probeer bekamp nie? Is daar nie reg en geregtigheid nie?"

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger, ’n lesersindruk

Leoné Tiemensma Lesersindrukke 2023-11-01

"Die titel Kammawaarwêreld gee ’n leidraad dat hier ’n ruimte is waar 'kamma' (fiksie) en 'waar' (feit) vermeng word."

Wanneer skaduwees kantel deur Elize Parker: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-11-01

"Die verhaal speel af in die Laeveld met die drie niggies Lenore, Tarien en Bella se wedervaringe wat sentreer rondom die plaas Bateleur waar die tragedie van ’n skietongeluk van jare gelede by die familie bly spook en patriargoupa Tjaart van der Walt vanuit die graf steeds sy gewig laat geld."

Lewensreis deur die teater sit in my bloed deur Mari Mocke: ’n lesersindruk

Danie Botha Lesersindrukke 2023-10-25

"Dit is vir jou as jy ’n toneelliefhebber is, iemand met of sonder dramaopleiding, met moontlike ervaring van spel, regie, verhoogbestuur, kostumering, grimering, stelontwerp en -bou, beligting, reklame en resensering."

Top