Lesersindrukke

Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.

Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.

’n Lesersindruk van Deur die tonnel van twyfel, Koos Kombuis se jongste boek

Sakkie Spangenberg Lesersindrukke 2023-11-06

"Die boek se titel verraai ’n tweërlei opset: Dit is eerstens ’n vertelling oor Koos se eie lewe en oor hoe hy sy twyfel oorkom het (Deur die tonnel), maar deur sy vertelling probeer hy ook ’n gesprek oor waardes aanwakker (op soek na waardes)."

Die geheime klippieklub deur Erla-Mari Diedericks: ’n lesersindruk

Trisa Hugo Lesersindrukke 2023-11-02

"Laag op laag, elke een op sy eie met unieke eienskappe, maar as geheel vorm dit ’n perfekte balans. My oerwonde wat heelgemaak word daardeur, vind weerklank uit die gevoel van Die geheime klippieklub."

Die Feetjie-Polisiediens deur Leon-Ben Lamprecht: ’n lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2023-11-02

"Nou, wanneer jy die tradisionele sprokies lees, het jy al ooit gewonder: Is daar nie polisie in feetjieland wat al die misdade wat gedurig plaasvind, probeer bekamp nie? Is daar nie reg en geregtigheid nie?"

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger, ’n lesersindruk

Leoné Tiemensma Lesersindrukke 2023-11-01

"Die titel Kammawaarwêreld gee ’n leidraad dat hier ’n ruimte is waar 'kamma' (fiksie) en 'waar' (feit) vermeng word."

Wanneer skaduwees kantel deur Elize Parker: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-11-01

"Die verhaal speel af in die Laeveld met die drie niggies Lenore, Tarien en Bella se wedervaringe wat sentreer rondom die plaas Bateleur waar die tragedie van ’n skietongeluk van jare gelede by die familie bly spook en patriargoupa Tjaart van der Walt vanuit die graf steeds sy gewig laat geld."

Lewensreis deur die teater sit in my bloed deur Mari Mocke: ’n lesersindruk

Danie Botha Lesersindrukke 2023-10-25

"Dit is vir jou as jy ’n toneelliefhebber is, iemand met of sonder dramaopleiding, met moontlike ervaring van spel, regie, verhoogbestuur, kostumering, grimering, stelontwerp en -bou, beligting, reklame en resensering."

Wat is die kenmerke van ’n goeie fiktiewe sluipmoordenaar?

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2023-10-07

"As jy dié vraag vir Bard op Google vra, gee hy drie punte wat ek as volg opsom: ’n Goeie sluipmoordenaar moet op sy voete kan dink en sy opdrag kan uitvoer sonder om gevang te word. Hy is uiteraard ’n meester op verskeie terreine, onder andere gevegkuns, wapens, vermomming, ensovoorts."

Meer as jou seerkry deur Johannes de Villiers: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-10-06

"Alhoewel Meer as jou seerkry op die oog af ’n bietjie teenstrydig en onsamehangend mag voorkom, kan ’n mens die gevolgtrekking maak dat die boek verskillende modelle bied waarmee lesers kan werk wat tot verskillende behoeftes sal spreek."

Confrontation deur Kirsty Steinberg: ’n lesersindruk (deel 2)

Estelle Kruger Lesersindrukke 2023-10-03

"Die skrywer het myns insiens daarin geslaag om ’n balans te skep deur die hoofkarakter (CJ, die seun) se worsteling aangaande sy seksuele oriëntasie en genderidentiteit te jukstaponeer naas sy uitdrukking van veelvlakkige kreatiwiteit en begaafdheid."

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk

Nioma Venter Lesersindrukke 2023-10-02

"Kammawaarwêreld daag die leser uit. Die lewe is vir geeneen van ons eenvoudig nie. Die vraag is egter hoeveel van ons die waagmoed het om so ’n eerlike opgaaf van ons lewens te maak."

Dinosourus, ’n docket en die dood deur Bernadette Small: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2023-10-02

"Hierdie boek wek verskillende emosies by die leser; ’n diep hartseer oor die trauma waardeur Bernadette moes gaan. Ek het selfs woede ervaar deur die skokkende realiteit van ons onbevoegde polisiemag se onvermoë en kennis om hierdie saak behoorlik te ondersoek."

Spieëlbuis deur Christa Kleynhans: ’n lesersindruk

Louise Viljoen (JBay) Lesersindrukke 2023-10-02

"Kleynhans slaag in haar doel om met Spieëlbuis bewusmaking te skep vir bipolêre gemoedsversteuring."

Die meisie met vlerke deur Jaco Jacobs: ’n lesersindruk

Loraine van der Westhuizen Lesersindrukke 2023-09-26

"Die verhaal sorg vir die herevaluering van stereotipes en opvattings oor die "normale" of "aanvaarbare" tipe mens in die samelewing. Lesers word uitgedaag deur verrassende karakters, ’n opwindende handeling en afloop van gebeure wat vereis dat die leser ook, soos Wilson, met nuwe oë na die wêreld kyk."

Bot deur Carien Smith: ’n lesersindruk

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-09-20

"Dis nie die tegnologie as sulks wat hier boos is nie, dis skynbaar eerder die mens self. Deur die mens se ongesonde omgang met die masjien word die natuurlike ritme van die mens omvergegooi."

Kammawaarwêreld deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk

Henriëtte Loubser Lesersindrukke 2023-09-20

"Kenmerkend aan die roman en ook tipies van hierdie talentvolle kunstenaar-skrywer, is daar die aanbieding in die teks van ander kunsvorme. Daar is musiek, digkuns, die visuele kunste, vakmanskap en dan natuurlik die toordery-met-woorde teenwoordig."

Sirkelgang deur Johann Lodewyk Marais: ’n lesersindruk

Alwyn Roux Lesersindrukke 2023-09-06

"Sirkelgang is ’n omvattende bundel wat kwessies soos klimaatsverandering, oorlog, pandemies en die voortbestaan van die planeet ondersoek. Marais bou voort op sy spesieverse, en die werk is ’n voortsetting van sy indrukwekkende poëtiese nalatenskap."

Katvis deur Annelie Botes: ’n lesersindruk

Zelda Mans Lesersindrukke 2023-09-05

Vanjaar op die Woordfeesprogram! "Lesers het oor die jare lojale volgelinge en herlesers van Botes se romans geword, want sy skroom nie om jou reg tussen die oë met die harde werklikheid te slaan nie."

Die duiwel is in die detail deur Marizka Coetzer, ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2023-08-28

"Marizka het met oop oë in hierdie verhouding ingestap, min wetend hoe toksies dit sou wees."

Confrontation deur Kirsty Steinberg: ’n lesersindruk (Deel 1)

Estelle Kruger Lesersindrukke 2023-08-23

"Die verteller neem die leser op ’n sensitiewe wyse op ’n reis van intense belewing om empatie te kry met die pynlike emosionele ervarings van hierdie verskynsel van genderdisforie."

Omkoopbaarheid en ons demokrasie, ’n lesersindruk van Our poisoned land deur Jacques Pauw

Barend van der Merwe Lesersindrukke 2023-08-23

"Hoe koalisies in die nasionale lekgotla gaan uitspeel in die toekoms, is ’n saak waaroor ’n mens nog maar slegs kan bespiegel op die stadium, maar indien die munisipaliteite enige aanduiding is, dan moet ons onsself dalk gereedmaak vir onstuimige vaarwaters."

Top