Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
In reaksie op Sakkie Spangenberg se boek: Wat die Waarheid is
2024-12-09"Ek stem wel met Spangenberg saam dat daar fout is met die kerk, maar nie met wat dit is nie. Die probleem lê nie by die Christelike leerstellings of by die meesterverhaal nie, maar by die kerk self. Dis ’n drastiese stelling, maar laat my asseblief toe om te verduidelik."
Wanneer woorde asemhaal deur Maritha Broschk: ’n lesersindruk
2024-12-03"Die gedigte ondersoek die volle spektrum van emosie, van vreugde en liefde tot rou en verlies, en bied ’n oorsigtelike blik op ervarings wat by ’n diverse leserspubliek aanklank kan vind."
Swyg deur Erla Diedericks: lesersindruk en onderhoud
2024-12-03"Met Swyg skep Erla weer eens karakters wat baie uiteenlopend is, en ’n mens kan net wonder hóé die klomp uiteindelik by mekaar gaan inskakel."
Die bok wat sy spring verloor het deur Marleen Lammers, ’n lesersindruk
2024-11-26"In ons huis is daar twee rakke vol kinderboeke wat jong besoekers na hartelus kan uitpak en verken. Wanneer ’n klein leeswetenskaplike dus opdaag met ’n boek wat sy gekies het, neem ek kennis. Ek neem ook kennis van die manier waarop die inhoud ontvang word."
Seun en Die binneland in deur Dana Snyman, ’n resensie
2024-11-20"Hy dwing ons om anders na die lewe te kyk, veral in ’n postapartheidera waar duisende wittes terug na die 'goeie ou dae' verlang."
Quinn se jaar van kwik deur Zelda Bezuidenhout: ’n lesersindruk
2024-11-12"Quinn en haar maats vlek ’n sleg ding oop, maar sal die onnies hulle steun? Dalk sal die bloedjong, vroulike Engelsonderwyser nog help, maar sal die skoolhoof hom steur aan hulle? Gaan hy die stinkryk pa’s van die stinkryk seuns ter wille wees?"
Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid: ’n lesersindruk van Sakkie Spangenberg se epistomologie, hermeneutiek en Christologie
2024-11-07"Die oëverblindery wat gepleeg word, is om die enorme komplekse proses waardeur die evangelies uiteindelik saamgestel is eenvoudig te laat lyk. Spangenberg noem nie die derduisende kopieë van kopieë wat deur tallose kopieerders met die hand oorgeskryf is nie en hy skep byna die indruk dat ’n groepie mense uit die staanspoor om ’n tafel gesit en saamgekonkel het."
Ek en jy bestaan nie deur Danie Marais: ’n lesersindruk
2024-11-05"Die vrae waarmee die bundel my gekonfronteer het, was onder andere of die aard van ons werklikheid daagliks deur geskiedenis en herinnering gedikteer word."
Om Bibi Slippers in Gqeberha te vind: ’n lesersindruk van Soekenjin
2024-10-29"Daar is heelwat gedigte in Soekenjin wat ek nog moet ontrafel, maar oor die algemeen is die gedigte heel toeganklik vir ’n nie-letterkundige soos die uwe. Gedigte oor die lus, liefde, lewe en die soektog van die moderne mens met sy internet, WhatsApp, Google, Tinder en ander dinge waarvan ’n Baby Boomer soos ek nie eers weet nie."
Wildepruim deur Elmaré Lombard: ’n lesersindruk
2024-10-23"Wildepruim is soos een van daardie kunswerke waar ’n kyker van naby honderde klein sketsies sal sien. Elkeen verskaf ’n baie klein bietjie detail, maar nie ’n geheelbeeld nie. Dit is met sommige stukke visuele kuns nodig om weg te stap, om nie meer na die besonderhede te kyk nie – dán skielik sien ’n mens ’n totaal nuwe stuk kuns raak."
Kortliks met Stefaans: 23 Oktober 2024
2024-10-23"Nadat ek Nicol ’n paar jaar gelede toevallig ontdek het, het ek doelbewus na Suid-Afrikaanse Engelse skrywers begin soek. Daar was ’n paar verrassings, Roger Smith vir een. En nadese Kurt Ellis."
Life lessons: How to fail and win by Alan Knott-Craig: a reader’s impression
2024-10-17"What part of the book did I like most? The knowledge that you can still win, even if you sometimes lose. Losing isn’t always losing; sometimes it is merely something not working out now, and you need to move on to the next step."
’n Vrou staan op deur Ilse Verster: ’n lesersindruk
2024-10-17"Die vertelling kombineer die verhaal van trauma, alkoholisme en huishoudelike en emosionele geweld met elemente van hoop en dien aanvullend ook as ’n soort gids vir mense wat hulleself in soortgelyke posisies mag bevind ... Met die buitengewone vlakke van gesinsgeweld in Suid-Afrika sal hierdie boek waarskynlik nog baie jare lank gelees word."
Ben en die groot toets deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk
2024-09-30"Kinders sal hierdie storie, met die mooiste kleurvolle illustrasies, baie geniet en leersaam vind, en hulle met Ben kan vereenselwig. Hierdie boek is ’n móét vir enige kind wat oor die drumpel stap om die wêreld van klank en lees te betree."
Slaying the dragon by Antonio Iozzo: The bravest book you’ll read this year
2024-09-26"The book tells the story of a strong man going through hell, from Johannesburg to San Antonio, Texas, with one operation after the other. Boxes of pills from OxyNorm to Suboxone, each one worse than the others."
As alles niks word: ’n lesersindruk van Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg
2024-09-09"Daar lê die 'afgod' nou (as dit inderdaad ’n 'afgod' is) magteloos, onttroon en afgesaag by die voetstuk, die kop en skouers van die borsbeeld flenters eenkant op die plaveisel van Afrikanerdom. Vir altyd verwyder, gesloop, vernietig, tragies verinneweer en verniel net soos arme Humpty Dumpty!"
Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson: ’n lesersindruk
2024-09-09"Die Smooie en die Smoue, geskryf deur Julia Donaldson met illustrasies deur Axel Scheffler, is pret. Dit is boonop propvol tydlose waarhede, tussen al die guitigheid deur. Ek wens alle politici in alle wêrelddele wil dit lees. Jaco Jacobs se vertaling is heerlik."
Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk
2024-09-03"Al kan Breekpunt op sy eie as ’n roman staan en al is al die bestanddele van ’n geslaagde misdaadroman teenwoordig, is daar hier en daar haakplekke."
Kortliks met Stefaans: 2 September 2024
2024-09-02"Hier is twee klippe-kou-publikasies. Albei kan hewige debat veroorsaak, veral onder lesers wat dit nie gaan lees nie. Albei het ook die vermoë om groei te ontkiem."
Waar bloed kruip deur Kobus Breyl: ’n lesersindruk
2024-08-26"Dit is duidelik dat Kobus Breyl met indrukwekkende outoriteit skryf en deeglik bekend is met sy onderwerp. Gegewe sy agtergrond en ondervinding in die regspraktyk, neem hy die leser op ’n reis van ’n diggeweefde moord- en speurverhaal."
