Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Die skuld wat bloed betaal deur Sandra Skinner: ’n lesersindruk
2025-08-19"Met ’n narratief wat elemente van ware gebeure insluit, weier hierdie roman om die ongemaklike waarhede van ons geskiedenis te versag. Dis soos ’n eggo vanuit ons verlede wat bly weergalm: Hoeveel Karoolse en Madelees is nou nog in ons midde?"
Shirley, goodness and mercy by Chris van Wyk: A reader’s reception
2025-08-18"From Newclare to Coronationville to Riverlea, he takes our hand as we are guided on an Odysseus-like journey through the streets of his childhood, weaving vivid recollections of food, family and foes."
Preacher, let my people go deur Zakhe Mazibuko: ’n lesersindruk
2025-08-12"Lees Preacher, let my people go gerus, en word vrygemaak van gedwonge vrygewigheid."
Drie moorde in die baai deur Madelein Rust: ’n lesersindruk
2025-08-12"Karakters wat in jou hart inkruip, ’n gemaklike vertelstyl en spanning wat jou deur die bladsye laat vlieg, is die wenresep vir Madelein Rust se laaste roman, Drie moorde in die baai, wat onlangs verskyn het. Ek was presies halfpad deur die boek toe die nuus van haar heengaan breek. Ongetwyfeld het ek verder gelees met elke woord wat tot ’n mate heiliger gevoel het."
Labour law in practice deur Andrew Levy, ’n lesersindruk
2025-07-23"Die doel van die boek is om aan lesers te wys hoe om arbeidsreg op ’n praktiese en nuttige wyse in die werksplek toe te pas sonder om toe te laat dat dit ’n krag of oorweging word wat alles oorheers."
Die moord op Deveney Nel deur Julian Jansen: ’n lesersindruk
2025-07-22"Lees hierdie boek. Nog beter, koop meer as een en gee dit vir jou bure, dominee, pastoor of geloofsleier, jou kind se onderwyser en almal wat jy teëkom wat by kinders betrokke is. As ons as gemeenskap probleme vroeg genoeg raaksien en daarop reageer, kan hierdie tipe misdrywe gekeer word voordat dit gebeur."
Skemerverse deur Estelle Kruger: ’n lesersindruk
2025-07-03"Skemerverse is ’n bundel verse wat ek nie kon neersit voordat ek die laaste gedig gelees het nie."
Gevarieerdheid en inklusiwiteit laat Merang vonkel: ’n lesersindruk
2025-07-03"Die veelkleurige voorplat en titel – merang beteken 'fees' in Kaapse Moslemafrikaans – stel ’n poësiefees gekenmerk deur vele tongvalle en style en verskeidenheid in die vooruitsig."
François Loots se Twyfelbos is ’n Pierneef-skildery: ’n lesersindruk
2025-06-25"Die stryd rondom seksualiteit, werkloosheid, liefde, pyn en verlies word kunssinnig vervleg in elkeen van die karakters wat opstaan tussen die blaaie om jou leefwêreld vir 263 bladsye lank binne te dring."
Vyfsterboek! Die ooggetuie deur Wilna Roux, ’n lesersindruk
2025-06-24"Ek het ongelukkig nog nie iets soortgelyks in Afrikaans raakgeloop om ’n vergelyk te tref nie, maar hierdie hofdrama wat oor 14 dae afspeel, is vir my baie geloofwaardig. Ek kan nie wag vir boek twee in die reeks nie."
François Loots se Twyfelbos sleur mee: ’n lesersindruk
2025-06-23"Lesers kan hul verlustig in die taalgebruik waarmee die landskap, see en dierelewe beskryf word, en dit doen nie oordadig of herhalend aan nie, omdat dit naatloos vervleg word met reisgegewe. Fynbosprag word reeds op die voorplat in die vooruitsig gestel."
Monsterhare deur Jaco Jacobs: ’n lesersindruk
2025-06-09"Hierdie boek is ook ’n goeie slaaptydstorie, omdat mens dit voorwaar ’n honderd keer kan lees."
Ecce deus! deur Johan Retief: ’n lesersindruk
2025-06-09"Met sy argumente skort daar niks, maar sover die kritiek teen godsdiens gaan, is die inhoud van hierdie boek nie genuanseerd nie, en gevolglik ook nie besonder interessant nie. Ecce deus! sal eerder as ’n besondere basiese en inleidende kritiese oordeel tot godsdiens beskryf kan word."
’n Teologiese besinning oor Annemarie van Niekerk se Onder ’n bloedrooi hemel
2025-06-05"In literêre werke word rooi dikwels met bloed, revolusie, passie of intense emosies geassosieer. In al twee plaasmoorde wat in die boek beskryf word, is die slagoffers Godvresende en toegewyde gelowiges wat selfs nog dieselfde aand by huisgodsdiens gebid het om bewaring teen gevare."
Lesersindruk: Feesmaalgang deur Dietloff van der Berg
2025-05-27"Feesmaalgang is ’n welkome toevoeging tot Christelike mistieke poësie in Afrikaans. ’n Driegangmaaltyd wat jy gerus aan jouself mag voorsit."
The truth about Cape Slavery deur Patric Tariq Mellet: ’n lesersindruk
2025-05-26"Daar moet beslis veel meer oor slawerny gepraat word, en daar moet baie navorsing daaroor gedoen word. Maar nie op hierdie manier nie."
The heart is the size of a fist deur PP Fourie: ’n lesersindruk
2025-05-21"Fourie se storie is rou, beeldskoon gestruktureer en gestroop van enige valsheid. Hy gebruik tydspronge, fragmentasie en perspektiefwisseling op so ’n manier dat dit voel soos ’n droom – nie een wat vaag vervaag nie, maar een wat jy onthou lank nadat jy wakker word."
Song of the slave girl by Ashraf Kagee: A reader’s impression
2025-05-13"It’s a daring book. He shows – and tells – with every word a song’s note, an ingredient that stirs flavours within, and the result is both delicate and rich."
Kategismus deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk
2025-05-05"Maar bowenal is Daniel Hugo se digterstuin ’n ware Eden van taal, ’n copia verborum (om Erasmus van ouds se term hier aan te pas), ’n warboel en weelde, ’n oorvloed van woorde wat wag om vir poëtiese gebruik gepluk en tot ’n potpourri vermeng te word."
Waar takke stilweg reik: ’n lesersindruk van White Ivy deur Susie Yang
2025-04-29"Die kulturele spanning waarmee Ivy worstel – as Chinese Amerikaner wat balanseer tussen ’n tradisionele familie en ’n moderne wêreld wat haar nie altyd verstaan nie – het my diep geraak."
