Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
Wanneer appeltjies geskil word: ’n lesersindruk van Sidney Gilroy se Roulette
2025-10-29"Roulette het my spoedlees verbeter; ek het dit gulsig verslind."
Jeugroman of historiese roman? ’n Lesersindruk van Louis Pretorius se ’n Jaar in my lewe
2025-10-28"Veral jongmense sal dit interessant vind dat telefone in daardie dae met drade aan mure gekoppel is en dat gewone skoolgaande jongmense in 1996 nie selfone gehad het nie."
Wie de hel is Johnny Joubert? deur Dana Snyman, ’n lesersindruk
2025-10-28"Soos met die meeste dinge, beteken rugby verskillende dinge vir verskillende mense."
Vredemaker deur Reggie Peace: ’n lesersindruk
2025-10-27"Om dit uit die ghetto, of uit poverty, te 'maak' is miljoene mense se droom, en Peace het dit met onderskeidings gemaak."
Briewe van heldinne is ’n skitterende vertaling deur WJ Henderson: ’n lesersindruk
2025-10-24"WJ Henderson se vertaling van Ovidius se Heroïdes is soos vars, murmelende water in ’n stroom. Dit laaf die oë, denke en hart van die leser."
Lesersindruk: Misdaad/Liefdaad deur Joanne Lombard is ’n vars debuut
2025-10-22"Die storiewêreld is vol kontraste: ’n oënskynlik gemaklike voorstedelike lewe waar die gesin inderwaarheid al jare lank swaarkry weens die gevolge van dwelmverslawing; ’n restourasie-werkswinkel wat ’n hawe bied teen die harde werklikhede van misdaad en inbrake in ’n stad."
Die (vreemde) einde van ’n koerant deur Barnard Beukman: ’n lesersindruk
2025-10-20"Dit is ’n waardevolle stukkie geskiedenis – nie net beskryf dit die heengaan van koerante nie, maar ook die waarde wat mense (lesers) aan daardie stukkie papier heg."
Life is ’n biets deur Faeed Amardien: ’n lesersindruk
2025-10-10"Lees hierdie onpretensieuse debuutroman van Faeed Amardien en gee dit vir ’n vriend, vriendin en daai tiener wat dalk net hormone, knieë en elmboë is, sodat ons saam kan besluit dat die lewe waaragtig nie fair is nie, en dat elkeen sy eie spoke moet besweer."
Boykie vir Afrika deur Pieter de Poortere: ’n lesersindruk
2025-10-08"Vir De Poortere is geen heilige objek veilig nie; links en regs word ewe hardhandig met karwatse getakel. Dis gruwelik genotvol om jou daarin te verkneukel."
Deel jou lesersindruk met LitNet!
2025-10-08In die tyd van die Toyota Stellenbosch Woordfees, waarvan die tema vanjaar "deel" is, nooi LitNet lesers opnuut uit om hulle lesersindrukke met medelesers te deel. Skryf vir ons as jy ’n boek geniet het – en beslis ook as jy kritiek oor ’n boek wil uitspreek. Skryf oor ’n boek wat jou ongemaklik gemaak het. Skryf oor ’n boek wat jy nie kon neersit nie. Skryf oor ’n boek wat jy gelees het terwyl jy gewoonlik tyd op die sosiale media sou deurbring. Skryf oor ’n boek wat jy herontdek het. Dit hoef glad nie ’n nuwe boek te wees nie, en dit moenie ’n boek wees wat van ’n uitgewer af ontvang is nie.
Lesersindruk: Bloei + Blom
2025-10-02"Hierdie boek bring die stories van mense wat dalk voorheen nie bekend was nie, aan die lig. Dit vertel die verhale van mense wat hul drome gevolg het, ten spyte daarvan dat hulle dikwels in moeilike omstandighede begin het."
Die ooggetuie deur Wilna Roux, ’n lesersindruk
2025-10-01"Die ooggetuie is die een boek wat John Grisham sou wens hy het geskryf."
Die jaar toe dit gemmerbier gereën het deur Philip de Vos: ’n lesersindruk
2025-09-24"Nee, ons boeremeisie heet Katisja, en haar rum punch is gemmerbier. Die enigste ding wat dalk dieselfde is, is die wind van verandering."
Wag-’n-bietjie deur Hennie van Deventer: ’n lesersindruk
2025-09-22"Uit sy aantekeninge en verstommende geheue het ’n wesenlike, kenmerkende en onmisbare bydrae gevloei oor die politieke toneel en stryd in Suid-Afrika in soms veelbewoë en onstuimige oorgangstye."
Die spoegvanger deur Stefanus S Vivier: ’n lesersindruk
2025-09-17"As teks dra Die spoegvanger by tot die voortgesette gesprek oor die Afrikaanse roman se vermoë om verlede en geheue te herbesoek ... Dit is tegelyk ’n ontginning van ’n seun se psigiese en fisieke ontwaking en ’n kommentaar op die groter sosiale en politieke ideologieë van sy tyd."
Roulette deur Sidney Gilroy: ’n lesersindruk
2025-09-17"Roulette is plattelandse noir op sy beste, waar Gilroy sosiale kommentaar lewer deur in die Afrikaner se erfstukkas te loer na daar waar die familiegeheime en die donker kant van die mens verberg word. Hy kyk na veral die manlike psige, en dis juis dít wat die boek so interessant maak."
Weersiens verby Emmaus deur Kobie Lötter: ’n lesersindruk
2025-09-09"Dis nie ’n kille, intellektuele uitdruk van wat werklik in die lewe saak maak nie, maar ’n persoonlik deurleefde reis wat beskryf word."
Gladly trespass: a reader’s impression of Karoozing by Darryl Earl David
2025-09-08"The reader as medereisiger, as fellow traveller, is encouraged to page on and on to fulfil the almost breathless expectation created by the thematically arranged geographical sections."
One small step deur Paul Sinton-Hewitt: ’n lesersindruk
2025-09-03"Die impak van Parkrun kan nie onderskat word nie. Getuienis op getuienis spreek daarvan. In sy pogings om finansiering te bekom, het Sinton-Hewitt Parkrun bemark as die ekwivalent van ’n kleuterskool, maar vir hardlopers."
