Lesersindrukke
Hier verskyn bydraes van lesers wat uit eie beweging hul indrukke van boeke aan die LitNet-redaksie gestuur het.
Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za. Hier is meer inligting oor die vereistes.
The truth about Cape Slavery deur Patric Tariq Mellet: ’n lesersindruk
2025-05-26"Daar moet beslis veel meer oor slawerny gepraat word, en daar moet baie navorsing daaroor gedoen word. Maar nie op hierdie manier nie."
The heart is the size of a fist deur PP Fourie: ’n lesersindruk
2025-05-21"Fourie se storie is rou, beeldskoon gestruktureer en gestroop van enige valsheid. Hy gebruik tydspronge, fragmentasie en perspektiefwisseling op so ’n manier dat dit voel soos ’n droom – nie een wat vaag vervaag nie, maar een wat jy onthou lank nadat jy wakker word."
Song of the slave girl by Ashraf Kagee: A reader’s impression
2025-05-13"It’s a daring book. He shows – and tells – with every word a song’s note, an ingredient that stirs flavours within, and the result is both delicate and rich."
Kategismus deur Daniel Hugo: ’n lesersindruk
2025-05-05"Maar bowenal is Daniel Hugo se digterstuin ’n ware Eden van taal, ’n copia verborum (om Erasmus van ouds se term hier aan te pas), ’n warboel en weelde, ’n oorvloed van woorde wat wag om vir poëtiese gebruik gepluk en tot ’n potpourri vermeng te word."
Waar takke stilweg reik: ’n lesersindruk van White Ivy deur Susie Yang
2025-04-29"Die kulturele spanning waarmee Ivy worstel – as Chinese Amerikaner wat balanseer tussen ’n tradisionele familie en ’n moderne wêreld wat haar nie altyd verstaan nie – het my diep geraak."
Lessons in chemistry deur Bonnie Garmus: ’n lesersindruk
2025-04-29"Ons weet dat ’n mens ’n boek nie op grond van die voorblad moet beoordeel nie, maar hierdie een het tog my oog dadelik gevang. Ek is mal daaroor. Ek sien ’n selfversekerde, sterk vrou wat nie in vandag se tyd inpas nie. Sy is ’n vrou van die ’60’s."
Mamba deur Pieter Henning, ’n lesersindruk
2025-04-22"Daar is ook letterlike kronkels, met ’n slang as karakter. Dit is ’n vars aanslag om soms uit die slang se perspektief te kyk."
Die Satyrica van Petronius, vertaal deur WJ Henderson: ’n lesersindruk
2025-04-16"’n Omdigting (vertaling) in die eie taal is soos soetvye op die tong. Die Satyrica kry in Afrikaans ’n eie lewe, ritme en stukrag. Elke taal bied ’n ander opvatting van kennis en dus van die wêreld. Daarom verwelkom nuwe metafore die Latynse vertaling by die Afrikaanse hawe."
Vryheid in beperkings: ’n lesersindruk van Grenslyn deur Jana Fourie
2025-04-08"Dit is ongemaklik, aandoenlik en tog op ’n manier hoopvol. Dit wys die menslike vermoë om steeds aan te beweeg, ongeag hoe swaar die pad is. Jana Fourie se stem is ’n belangrike een in die Afrikaanse literatuur. Hierdie boek verdien om gelees, oorweeg en onthou te word."
Middelpos se mense, saamgestel deur Anneretha Grobler: ’n lesersindruk deur Sarel Venter
2025-03-31"Middelpos se naam leef voort onder sy mense en sy gaste."
21 Voices: Why the Palestinian struggle is a global matter, a reader’s impression
2025-03-28"While apartheid in South Africa may have been banished, 'apartheid' – separateness – is seeking to stretch its hideous tendrils around the globe. We seem to be retreating into spaces too small, surrounding ourselves with those who are seemingly similar."
Die stil kreet van ’n verlore hart: Where the crawdads sing, ’n lesersindruk
2025-03-27"Kya was nooit die monster wat hulle van haar gemaak het nie. Maar hulle het ’n monster gesoek – en uiteindelik het sy besluit dat sy nie weer ’n slagoffer sou wees nie."
Rebecca deur Wilna Adriaanse, ’n lesersindruk
2025-03-27"As dit vir jou vaagweg bekend klink, is jy op die regte spoor, want Rebecca het ná 20 jaar weer met mening op die rakke verskyn. Sy het niks ouer geword nie, maar wel ’n selfoon bygekry en rits nou met Uber wanneer sy nie kan stap waar sy wil wees nie."
’n Vriendskap wat woorde te bowe gaan: ’n lesersindruk van Mayflies deur Andrew O’Hagan
2025-03-17"Daar is ’n soort liefde tussen twee mans wat buite konvensionele definisies bestaan. Dit is onuitgesproke, maar tog maak dit sin; gevul met oneerbiedigheid, maar ook toewyding."
Lesersindruk: Uit genade, bo verdienste deur Gert Opperman
2025-03-10"Opperman sou daarna altyd geassosieer word met die suksesvolle operasionele aanwending van perde; en gesien word as beskermheer van die berede funksie van die weermag."
I live in the slums by Can Xue: a reader’s impression
2025-03-10"Can Xue’s writing operates on the logic of dreams, and as such, the experience of reading I live in the slums is one of continuous disorientation."
Die vyf susters deur Eleanor Baker: ’n lesersindruk
2025-02-25"Hierdie skeefgetrekte gesin het my vir ’n dag lank laat vergeet hoe ek al my rekeninge gaan betaal. Dit is woordlekkerte op steroïde."
Ligspoor deur Juan Coetzer: ’n lesersindruk
2025-02-21"Ligspoor het my aandag getrek toe dit onlangs op Versindaba verskyn het as nuwe publikasie, tot my verbasing, want as ’n reël plaas Versindaba bundels uitgegee deur hoofstroomuitgewers."
Die tantes van Atlantis deur Philip de Vos: ’n lesersindruk
2025-02-04"Oumense soos ek is beslis nie te oud om ook die spel tussen woord en beeld te geniet nie. Dalk help dit ons om weer in voeling te kom met die magiese ontdekking van boeke soos toe ons jonger was?"
Naam van dier dorp deur Gielie Hoffmann: ’n lesersindruk
2025-02-03"Ek voel my weer genoop om kampvegter vir kortkuns te bly."
