Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

… so ook op die aarde deur Betsie van Niekerk: ’n LitNet Akademies-resensie-essay

Nini Bennett-Moll Resensies 2024-07-18

"Betsie van Niekerk ... lewer ’n besondere bydrae met die roman, wat tematies sy plek in die klein korpus Afrikaanse tekste met die Rooms-Katolieke geloof as konteks inneem."

Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: ’n onderhoud met Fanie Viljoen

Naomi Meyer, Fanie Viljoen Skole 2024-07-18

"Idees vir stories is oral om ons." Die derde kwartaal is die kwartaal waartydens leerders navorsing oor die letterkunde of oor sekere skrywers moet doen. Met die oog hierop vind Naomi Meyer by Fanie Viljoen uit wie hy is.

Luisterverhale: "Dit gaan nie goed met ou Bertie nie" deur Petra Müller, voorgelees deur Marcel van Heerden

Petra Müller, Marcel van Heerden Luisterverhale 2024-07-18

Marcel van Heerden lees Petra Müller se verhaal "Dit gaan nie goed met ou Bertie nie" voor. Die verhaal het oorspronklik in In die omtes van die hart en ander verbeeldings, in 1995 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.

Mariël le Roux (1947–2023)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-07-17

"Ek het nog nie veel tyd gehad om fiksie te skryf nie, maar ek loop al my hele lewe lank met ’n pen in die hand rond. Ek het stories in die sand geskryf met ’n stokkie en later met ’n potlood toe ek rêrig kon skryf."

Koos Kombuis vertel hoekom hy altyd eers aan die bladsye van ’n boek ruik voor hy dit lees

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-07-16

"Is ons regtig een van die laaste generasies wat die romantiek van papiergedrukte inligting sal kan verstaan en waardeer? En as papiergedrukte inligting heeltemal uitsterf, sal toekomstige geslagte ooit besef wat hulle verloor het?"

Pasverskyn: Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach

LitNet Boeke en skrywers 2024-07-16

Die teenwoordigheid van die Chinese in Steynshoop het die dorp die afgelope paar jaar ingrypend verander. Benna Potgieter, wonderkind in sy prille jeug, is sedert sy pa se dood ’n haarkapper in sy ma se salon. Sy lewe neem ’n drastiese wending wanneer die skilder Fonny, sy groot verlore liefde, onverwags na die dorp terugkeer. Snaaks, droewig, wrang en oneerbiedig – ’n opwindende nuwe roman in ware Winterbach-trant.

Harry Potter toor weer met Afrikaans: ’n kinderboekbespreking

Liné Loff Kinderboeke 2024-07-15

"Ek is dankbaar dat die Harry Potter-reeks in Afrikaans beskikbaar is. Nie net is dit ’n aanduiding dat Afrikaans lewend is nie, maar maak dit hierdie lieflike stories met belangrike lewenslesse meer toeganklik vir Afrikaanse kinders (én volwassenes), veral dié wat soms nodig het om aan die werklikheid te ontsnap."

Press release: Open Book Festival announces stellar lineup for 2024 | 6–8 September, Cape Town

LitNet Books and writers 2024-07-15

This year’s festival promises to be more than just a celebration of literature; it will serve as a vital platform for meaningful discussions. The lineup includes a wide array of talented writers, reflecting the rich tapestry of African literature.

Uitnodiging | Boekbekendstelling: Taboek deur Riku Lätti | Oude Leeskamer, 24 Julie 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-07-15

Sluit aan by Jonathan Amid en Riku Lätti, sanger en liedjieskrywer, vervaardiger, skrywer, en filmmaker, om Riku se digkuns-debuut, Taboek, te bespreek. Die gedigte, beslis ’n versameling wat die tonge sal laat klap oor die volgende ruk, sal die duo die geleentheid bied om dieper te delf in wat Dana Snyman beskryf as “aangrypende meditasies oor die heilige en die onsekere.” Riku sal ook die middag voorlees uit die bundel en die gehoor kan ’n stimulerende, selfs opspraakwekkende, gesprek verwag.

Volwassenes moet lees sodat kinders stories kan vind

Anke Theron Kinderboeke 2024-07-15

"Hoekom moet grootmense kinder- en jeugboeke lees? Volwassenes kan mos al lees, maar tog is die boeke wat vir jonger lesers geskryf en bemark word, van groter belang as wat daar besef word. Dit is dalk net die boek wat jy nodig het om weer iets wat verlore was, te vind."

Uitnodiging | Boekbekendstelling: So werk die natuur eintlik! deur Peet van Schalkwyk | 24 Julie 2024

LitNet Boeke en skrywers 2024-07-12

Die boekbekendstelling van So werk die natuur eintlik! deur Peet van Schalkwyk vind op 24 Julie by die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria plaas. | Hierdie boek is geskryf vir alle mense wat geïnteresseerd is in die werkinge van die natuur. Die skrywer se vertellings is boeiend en uitdagend. So lok hy oud en jonk om saam te kom op Tarantukan se wonderlike verbeeldingsreise.

Die geskenk deur Riette Rust: ’n resensie

Carla van der Spuy Resensies 2024-07-12

"Riette verskaf deurleefde raad oor hartseer, veranderende rolle, skaamte, selfondersoek, skuldgevoelens, teisterende vrae, die stigma rondom selfdood, woede en later begrip."

 

The wolf hunt by Justin Fox: a review

Ian Sutherland Books and writers 2024-07-12

"The action scenes and literary descriptions of the ocean with all its vicissitudes are vivid – from the perspectives of both a submariner and a sailor on a surface vessel. The text is replete with historical references and technical details of life on board, and is aided by a glossary of naval terms at the beginning of the book."

Plekspesifieke poësie in Jaco Barnard-Naudé se Om my kastele in Spanje te sloop

Elodi Troskie Resensies 2024-07-12

"Plekspesifieke poësie verteenwoordig nie bloot ’n vorm van katarsis vir die digterspreker nie, maar dit lei – eenvoudig gesproke – tot goeie gedigte."

Van vaders en vlugtelinge deur SJ Naudé: 'n leeskringbespreking

Chris van der Merwe Leeskringe 2024-07-12

"Prominent is die tema van die verhouding van die seun met die vader en, gepaard daarmee, die onvermoë van die seun om ’n veilige tuiste te vind."

Ek het ’n engel gesien deur Amore Bekker: ’n resensie

Yolanda du Toit Resensies 2024-07-12

"Ek het ’n engel gesien sluit insiggewende verhale in wat verras, verstom en inspireer. Soos Amore tereg sê: 'Dit wat ons kan tel, tel glad nie; dit wat ons nie kan tel nie, is al wat tel.' Stories van hoop, vertroosting, bemoediging, beskerming en ondersteuning dui daarop dat engele oral en in verskillende situasies teenwoordig is."

Persverklaring: Sewe nuwe vertalings deur die PEN Afrikaans Vertaalfonds ondersteun

PEN Afrikaans Boeke en skrywers 2024-07-11

’n Stewige lot suksesvolle aansoeke by die PEN Afrikaans Vertaalfonds bring mee dat Afrikaanse boeke uit ’n wye verskeidenheid genres binnekort in onderskeidelik Duits, Engels, Frans, Pools en Sweeds te lees gaan wees.

Wisselende stemminge deur Cas Vos: ’n resensie

Marlies Taljard Resensies 2024-07-10

"Hoewel daar in die bundel ’n handvol goeie gedigte voorkom wat deeglik afgewerk en deurdink is, het die geheel by my die indruk van oordaad gelaat."

Luisterverhale: "Om laaste te kan lag" deur Chris Barnard, voorgelees deur Marcel van Heerden

Chris Barnard, Marcel van Heerden Luisterverhale 2024-07-10

Marcel van Heerden lees Chris Barnard se verhaal "Om laaste te kan lag" voor. Die verhaal het oorspronklik in Chriskras: ’n tweede keur, in 1976 deur Tafelberg uitgegee, verskyn.

Press release: AVBOB Poetry | A gift that can’t be quantified

LitNet Books and writers 2024-07-10

As South Africans prepare to celebrate Mandela Day on 18 July, the AVBOB Poetry Project is acknowledging Nkateka Masinga, a Mandela Washington Fellow and an award-winning writer, poet and scholar whose original voice pays tribute to the leaders and storytellers who came before her.

Top