Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Press release: SALA celebrates 19 years of advancing our literary heritage: The 2024 adjudication process commences
2024-07-25The 19th South African Literary Awards ceremony will take place on 7 November 2024. Earlier that day, the 12th Africa Century International African Writers Conference celebrating the 33rd anniversary of the African Union-declared International African Writers’ Day and 30 years of South Africa’s freedom and democracy.
Press release: New beginnings as the 2025 AVBOB Poetry Competition starts
2024-07-25The 2025 AVBOB Poetry Competition officially opens for entries on 1 August 2024. This prestigious contest invites poets from all corners of South Africa to submit their original works in any of the South Africa’s 11 official written languages. With generous cash prizes awaiting the winning entries, this is a golden opportunity for talented wordsmiths to shine.
Luisterverhale: "Die lied van die reën" deur Eugène Marais, voorgelees deur Marcel van Heerden
2024-07-25Marcel van Heerden lees Eugène N Marais se verhaal "Die lied van die reën, ’n Koranna-dwaalstorie" voor. Die verhaal het oorspronklik in 1921 in Die Boerevrou verskyn.
Selfhelpboeke, geloof en digbundels
2024-07-25Koos Kombuis lees ’n selfhelpboek wat vir hom baie beteken het, al glo hy nie eintlik meer in die genre nie. Daarna bespreek hy boeke oor geloof, en hy sluit sy gesprek met ’n kort oorsig oor splinternuwe digbundels af.
LitNet Akademies-resensie-essay: Mite as krisis en krisis as mite – In die rede geval deur Charl-Pierre Naudé
2024-07-25"Mitewerking gaan nie oor die mites self nie, of die inhoud nie, maar die denkstrukture (’n mens sou in ’n ander verband kon praat van pseudostrukture) wat van hedendaagse inhoude mites of mitewerking maak. Mense verlaat hulle op hierdie strukture wanneer gewone redelikheid nie meer werk nie."
Hoe bepaal ek die puntetellings?
2024-07-25"Intussen wil iemand by my weet hoe ek die puntetellings by die resensies bepaal. Nie maklik nie, maar daar is sekere vrae wat, indien ek hulle positief kan beantwoord, altyd vir my ’n punt werd is."
Pasverskyn: Gebooie deur Rudie van Rensburg
2024-07-24’n Reeksmoordenaar maai bekendes op ’n streep af. En Kassie en Rooi moet hom vastrek. Maar dit is makliker gesê as gedaan. Die moordtonele is smetloos, met slegs bisarre boodskappe by die lyke. Die slagoffers se hoë profiele veroorsaak ook ’n ongekende mediaherrie, wat bykomende druk op die ondersoekspan plaas. Die Spesiale Spookeenheid se elite-speurspan tas behoorlik in die duister rond. Het hulle dié keer hulle meerdere teëgekom?
Sanri Steyn-omnibus 3: ’n onderhoud met Theresa van Baalen
2024-07-24Theresa van Baalen praat oor die drie Sanri Steyn-stories wat onlangs in nog ’n Sanri Steyn-omnibus gepubliseer is. (En as jy inligting oor Theresa soek met die oog op die derde kwartaal se literêrenavorsingsprojek, kyk ook hier!)
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024: ’n onderhoud met Bibi Slippers
2024-07-24"Waar begin ’n mens? By Saartjie en die Woordfeesspan, wat basies vir ’n mens vrye teuels gee binne ’n baie breë raamwerk, naamlik: Ons wil vir kunstenaars ’n platform skep om hulle te kom uitleef en hulle kuns te deel, en ons wil vir feesgangers ’n lekker tyd gee." Bibi Slippers praat met Naomi Meyer oor die EasyEquities Skrywersfees by vanjaar se Toyota Stellenbosch Woordfees.
Die man wattie kinnes vang: ’n onderhoud met Nathan Trantraal
2024-07-24"Die liewens van bryn en swat South Africans is alternative history. It is soes om te vra wat van as apartheid nooit geëindig hettie. Gan narie Cape Flats toe, dai sal jou vraag antwoord."
Ingrid Jonker (1933–1965)
2024-07-24"Die kunstenaar moet probeer om ’n groter publiek te bereik, moet in aanraking met die gemeenskap bly en haar werk moet nie 'te intellektueel' wees nie."
Hulp met die derde kwartaal se literêrenavorsingstaak: alles wat jy nog nie van Jaco Jacobs geweet het nie
2024-07-24"Op die oomblik het ons twee en ’n half honde."
Nasa sê Langenhoven het toe nie sy naam krater gemaak nie
2024-07-22"Wat het Langenhoven se Loeloeraai, Méliès se kortfilm Le voyage dans la Lune en die TV-reeks Alpha 1999 gemeen? ’n Gat, dis wat."
Kortliks met Stefaans: 22 Julie 2024
2024-07-22"Wat vir my die meeste – selfs bo die lekker intrige – uitgestaan het, is die skrywer se sigbare skryfstyl."
Persverklaring: Tuin van digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024
2024-07-22Tuin van digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbachsentrum. Ingrid Jonker is die digter wat postuum gehuldig gaan word.
Bruno Andries betower met woorde in Paddaboudjies en Kalasjnikofs: ’n onderhoud
2024-07-19"Ek het besluit om my wedervaringe as vertaler en tolk in Afrika as hooftema te gebruik omdat dit my oor die jare toegang gegee het tot baie interessante feite en gebeure."
Jopie Fourie: ’n besinning deur Albert Blake: ’n lesersindruk
2024-07-19"Dit is ’n deeglike besinning. Blake verheerlik niemand nie en hy verdoem niemand nie. Hy stel die historiese feite onbevange voor en beoordeel dit deeglik."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Christelle Lubbe
2024-07-19Hierdie onderhoud met bibliotekaris Christelle Lubbe is die vierde aflewering oor ons biblioteke. Christelle is Hoof: Professionele Dienste en Programme van Biblioteek- en Inligtingsdienste by Stad Kaapstad.
Duifeling deur Lize Albertyn-du Toit: ’n resensie
2024-07-18"Lize Albertyn-du Toit se tweede roman, Duifeling, verskyn in 2024 en die verhaal is weer gesitueer in die Noord-Kaap, hierdie keer in die dorpie Rooiduin. By die lees van hierdie roman is ek deurentyd daaraan herinner dat fiksie ’n bewaarplek vir kulture en gebruike en maniere van menswees is."
Taboek deur Riku Lätti: ’n lesersindruk
2024-07-18"’n Groot deel van die inhoud van die boek wentel om 'god' (met ’n klein letter), die goddelike, dogma en teologie wat in ’n verstaanbare spreektaal sonder fênsie literêre tierlantyntjies bespreek word in digvorm. Dit kan deur almal gelees en verstaan word."
