Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

LitNet Akademies-resensie-essay: Interaksie met Hans Pienaar oor In die rede geval

Charl-Pierre Naudé Boeke en skrywers 2024-08-06

"’n Konvensionele resensie sou groter sukses met komplekse begrippe opgelewer het."

Open Book Festival unveils programme for 2024 edition

LitNet Books and writers 2024-08-06

The programme for this year’s Open Book Festival is now live. The festival, known for creating an inclusive space for important conversations, is set to explore a range of themes including mental health, fatherhood, creativity, and the impact of history on the present.

Persverklaring: Eie rigting deur Willie Spies – ’n NALN-boekgesprek gelei deur Charles Smith

LitNet Boeke en skrywers 2024-08-06

Charles Smith sal in gesprek wees met Willie Spies oor sy nuwe boek, Eie rigting, op 22 Augustus 2024 om 18:00 by die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum. Kom kuier gerus saam!

PenAfrican: Call and response by Gothataone Moeng – a book review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2024-08-06

"Most of these stories are set in Botswana, which in itself is refreshing since there has been a scarcity of stories in that setting since the death of Bessie Head."

Gif deur Annerle Barnard en Franco V Heyn: ’n lesersindruk

Surene Esterhuizen Lesersindrukke 2024-08-06

"In Gif waag hulle om oor sportaanvullings te skryf – en nie dit wat jy oor die toonbank kan koop nie. Sommige mense mag dink dat hierdie onderwerp nie realisties is in die lewe van tieners nie. Die skrywers het egter baie goed navorsing gedoen hieroor en dit is vandag ’n harde werklikheid, veral waar ouers genoeg of te veel geld het en kinders gedruk word vir bomenslike prestasies."

Taboek deur Riku Lätti: ’n lesersindruk

Jean Oosthuizen Lesersindrukke 2024-08-05

"Die Spele wat onthou sal word as die een waar sommige hekwagters dit taboe verklaar het om antieke mites en verhale op ’n speelse manier nuut en vars te herinterpreteer. Lätti doen in Taboek presies dieselfde met bybelse mites en verhale uit die antieke tyd."

Die waarheid lê in Niemandsland deur Erika Dykes: ’n lesersindruk

Annalize Marx Hills Lesersindrukke 2024-08-05

"Hierdie verhaal is in detail geskryf – verwoesting, die lewe in ’n konsentrasiekamp, die dood van kinders en interessante geskiedkundige feite."

Krag deur Fanie Viljoen: ’n resensie

Hendrik du Plessis Resensies 2024-08-05

"Elke liewe persoon (oud en jonk) wat in een of ander sport aktief is en wonder of hul sal drink aan die melk en heuning van testosteroonaanvulling, middels wat prestasie verbeter, of selfs net iets soos groeihormone oorweeg, behoort ag te slaan op hierdie verhaal."

Cliff-hanger: Indrukke van die FILVEN-boekefees 2024 in Venezuela

Cliffordene Norton Boekrubrieke 2024-08-05

"Daar is sterk ooreenkomste tussen Venezuela en Suid-Afrika – van ons uitgeeprosesse tot ons begeerte om ons tale te bewaar. Een aspek wat my beïndruk het en wat ek hoop Suid-Afrikaanse uitgewershuise sal aanleer, is dat Venezuela hulle kinderboeke tweetalig uitgee: Spaans en ’n inheemse taal soos Barí. Ek dink hierdie tweetaligheid kan meertaligheid bevorder en die belangrikheid van beide betrokke tale onder die loep bring."

Persverklaring: Kortlyste vir kykNET-Rapport-boekpryse vir 2024 bekend

LitNet Boeke en skrywers 2024-08-04

Die kykNET-Rapportpryse, wat saam R1 miljoen beloop, bestaan uit vier boekpryse en twee resensiepryse, en word jaarliks toegeken vir Afrikaanse werk wat in die vorige kalenderjaar verskyn het. Die vier boekpryse is die kykNET-Rapportprys vir fiksie (romans), niefiksie en film onderskeidelik, en die Jan Rabie-Rapportprys vir debuut- of tweede prosawerke.

First sip: One pot cookbook for South Africans by Louisa Holst

LitNet LitNet Eerste Slukkie | First Sip 2024-08-01

One pot is for anyone looking for quick-and-easy family supper solutions using economical, local ingredients. The book is ideal for busy people, families and young adults, as well as for weeknight meals and camping trips and has everything from cooking tips, soups, stir-fries, pasta and rice dishes, to batch cooking and sweet treats. Read a selection of recipes here.

Vlooi en die Olimpiese vlam by die Kunstekaapteater: ’n onderhoud

Naomi Meyer, Margit Meyer-Rödenbeck, Marinda Engelbrecht Teater 2024-08-01

"As die towersleutel begin gloei, gaan Vlooi en sy maats [karakters in die Oxford University Press-leesreeks wat vir die Grondslagfase voorgeskryf is] op ’n avontuur, en hierdie keer is die bestemming Parys! En hulle is net betyds vir die dertigste Olimpiese Spele."

Welgemoed Kunstefees 2024: ’n onderhoud met Marieta Nel

Naomi Meyer, Marieta Nel Leefstyl 2024-08-01

"Covid het ons geleer dat ons afhanklik van mekaar is. Mense wil op plaaslike vlak byeenkom, verhoudings bou, na mekaar en die omgewing omsien. In die gemeente het die oortuiging begin groei dat die gemeenskap gedien moet word deur ’n benadering van gasvry leef. Bogenoemde gebeure het die tafel gedek vir die ontstaan van ’n kunstefees in Welgemoed."

Pasverskyn: Seun deur Dana Snyman

LitNet Boeke en skrywers 2024-07-31

Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue. 

Koeke, terte, Paris se twisappel en ’n bietjie Marita van der Vyver

Izak de Vries Boeke en skrywers 2024-07-31

"Maar hierdie bepaalde geleentheid rondom die Griekse gode en ’n skunnige boek was anders en is op ’n heel, heel ander plek gehou."

Press release: The Caine Prize for African Writing announces 2024 shortlist

LitNet Books and writers 2024-07-31

The Caine Prize for African Writing, an esteemed annual award honouring outstanding African writers, is pleased to announce the shortlist for the 2024 edition. The five shortlisted stories were carefully selected from a pool of 320 entries originating from 28 African countries.

Die poppe sal dans: ’n resensie van Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach

Ena Jansen Resensies 2024-07-29

"Die gelaagdheid van die roman is nooit swaarwigtig nie. Lering en vermaak gaan hand aan hand. Dit geld ook vir die politiek-ekonomiese kwessies wat deurlopend aangesny word en akuut op almal in die dorp inwerk."

Uitnodiging: Boekbekendstelling van Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach | 3 Augustus, Stellenbosch

LitNet Boeke en skrywers 2024-07-29

Willem Anker sal in gesprek wees met Ingrid Winterbach by die bekendstelling van Onrus op Steynshoop op Saterdag 3 Augustus om 11:00 by die Stellenbosch Biblioteek in Pleinstraat, Stellenbosch.

Book launch invitation: What’s wrong with June? by Qarnita Loxton on 1 August at Wordsworth Books, Stellenbosch

LitNet Books and writers 2024-07-29

You are invited to the book launch of What’s wrong with June? by Qarnita Loxton. Eva Mazza will be in conversation with Qarnita Loxton on 1 August, Wordsworth Books, Stellenbosch Square at 18:00 for 18:30.

Sizzlers: The hate crime that tore Sea Point apart deur Nicole Engelbrecht – ’n resensie

Pieter van Zyl Resensies 2024-07-26

"Kan hierdie boek uiteindelik lei tot die omvorming van paroolwetgewing? Eerder vroeër as later. Hoeveel moorde, verkragtings en ander geweldsmisdade moet nog plaasvind waar misdadigers op parool weer oortree?"

Top