Boeke en skrywers

Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them

Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.

Dis eenvoudig woorde

Koos Kombuis Boeke en skrywers 2024-02-26

Koos Kombuis lees drie uiteenlopende boeke dié maand. Hy is liries oor Murakami se Kafka on the shore en hy gee hoog op oor Op pad na Grysberg, ’n boek wat, onder leiding van Stefaans Coetzee, deur 22 skrywers saam geskryf is. Laastens vertel hy meer oor Fokofpolisiekar se bloemlesing van hul lirieke, bekend as Woorde 2003–2023.

Kanniedood, kopieregwetgewing en stories: ’n onderhoud met Joha van Dyk

Naomi Meyer, Joha van Dyk Skrywersonderhoude 2024-02-23

"Ons medestudente en vriende is racially diverse. Daar is dus ook ’n natuurlike instink om diverse karakters te skryf omdat ek grootword met diverse mense in my lewe. Skrywers het ’n geleentheid om onsself in ander se skoene te sit en hulle ervaring so eg en natuurlik moontlik aan te bied – ons moet net verantwoordelik wees daarmee. Ek dink lesers is oop daarvoor as dit reg gedoen word."

Persverklaring: Teken die petisie #StopTheCopyrightAmendmentBill

PEN Afrikaans PEN Afrikaans 2024-02-23

Drie plaaslike skrywersverenigings, PEN Afrikaans, ANFASA en PEN Suid-Afrika, maak hiermee in samewerking met die Uitgewersvereniging van Suid-Afrika (PASA) ’n petisie beskikbaar as deel van ’n gesamentlike protesaksie teen die Wysigingswetsontwerp op Outeursreg, wat geskeduleer is om op 29 Februarie voor die Nasionale Vergadering te dien vir aanvaarding.

A sociological analysis of Breaking the bombers by Mark Shaw

Deon Pretorius Books and writers 2024-02-23

"Shaw provides excellent evidence to show that wherever and whenever different societal agents and agencies started moving towards cooperation and collaboration, they started becoming effective. When the agencies of the state started talking to one another and when leadership compelled the institutional actors to collaborate, the situation changed positively."

Persverklaring: Kortlys vir LAPA Uitgewers se Jeugromankompetisie 2023 bekend!

LitNet PRH/LAPA-Uitgewersportaal 2024-02-22

Die Jeugromankompetisie word elke tweede jaar aangebied en dié gewilde kompetisie trek elke slag groot name.

Pasverskyn: Dis mos nou Afrikaans! – handboek en studiegids (EAT) deur Henriëtte Turner en Suneen Laing

LitNet Boeke en skrywers 2024-02-22

Voel Afrikaans soms vir jou soos ’n vreemde taal? Dis mos nou Afrikaans! neem jou vanaf graad 8 tot graad 12 op ’n reis om Afrikaans Eerste Addisionele Taal te bemeester, sodat jy die finale matriekeksamen met vlieënde vaandels sal slaag. Die boek is ’n omvattende, gebruikersvriendelike naslaanbron wat deur sowel onderwysers as leerders gebruik kan word.

Luisterverhale

LitNet Luisterverhale 2024-02-22

Luisterverhale is ’n projek deur Katinka Heyns en Sonneblom Ateljees in samewerking met LitNet. Bekende kortverhaalskrywers se verhale word deur die room van ons stemkunstenaars voorgelees.

Luisterverhale: “’n Man kom tuis” deur Chris Barnard, voorgelees deur Marcel van Heerden

Chris Barnard, Marcel van Heerden Luisterverhale 2024-02-22

Marcel van Heerden lees Chris Barnard se verhaal “’n Man kom tuis” voor. Die verhaal het oorspronklik in Chriskras, uitgegee deur Tafelberg, verskyn.

Rudie van Rensburg (1951–)

Erika Terblanche ATKV|LitNet-Skrywersalbum 2024-02-22

"Dit was ’n maklike besluit om my hand aan misdaadfiksie te waag. Die bevredigendste deel van die genre is om ’n lekker ingewikkelde plot uit te werk wat die leser gaan verras."

Nieuwe hoop

Crito (Kerneels Breytenbach) Boeke en skrywers 2024-02-21

"Sal ek maar beken dat ek gesjarmeer is deur die vlaag boekresensies wat reeds vanjaar op Boeke24 verskyn het? Dat ek nieuwe hoop het vir almal met ’n carrière in die wêreld der lettere?"

Die rooi boks deur Piet van Rooyen: ’n lesersindruk

Marieta McGrath Lesersindrukke 2024-02-20

"Tydens ’n familiekuier in Australië het Van Rooyen se dogter ’n rooi boks gekoop. Binne-in die boks was ’n reeks 'gesprekspyskaarte' (conversation menus) met die doel om ’n groep mense sover te kry om oor dieper dinge te gesels en mekaar te leer ken."

Beyond the door of no return by David Diop: a book review

Mphuthumi Ntabeni Books and writers 2024-02-20

"If you’ve loved the sparse ironic tone of Amor Towles’s A gentleman in Moscow, you’ll love Beyond the door of no return."

Erfdeel: Koos du Plessis – versamelde werke: ’n onderhoud met Irma du Plessis

Maryke Roberts, Irma du Plessis Onderhoude 2024-02-19

"Liedjies in die FAK-Sangbundel was altyd liedjies wat so algemeen gesing is dat ’n mens nie meer geweet het deur wie of waar hulle geskryf is nie. So is dit ook met my pa se musiek – die liedjies het dig verweef geraak met die wêreld waarin dit gesing word en is nou allemansbesit."

Die Adam Small Boekefees | 23 tot 25 Februarie 2024 in Pniël: ’n onderhoud met Darryl David

Naomi Meyer, Darryl David Feeste 2024-02-16

"Die fees is daar om ’n platform te gee aan Afrikaapse (bruin) skrywers wat nooit erkenning gekry het vir hul literêre werke nie, soos Adam Small, maar dit sal altyd ’n veelrassige, veeltalige fees wees en almal is welkom om dit by te woon. Toegang tot die Adam Small-fees is absoluut gratis, pasella, verniet, danksy ons borge."

 

Dertig jaar, watwo: drie millennia van stories

Jean Meiring Menings 2024-02-14

"Dit als – dié boog geskiedenis wat ons uit Afrikaans uit terugneem drie millennia ver na die Eerste Babilonies Ryk, toe ’n volksdigter na alle waarskynlikheid met die immermenslike verhaal van Piramus en Tisbie vorendag gekom het – toon, glo ek, die kragtige en byna heeltemal onveranderde werking van stories."

Open Book Festival in partnership with the Book Lounge presents our second dedicated Youth Festival Event in March 2024

LitNet Lifestyle and entertainment 2024-02-14

Open Book Festival is thrilled to announce the return of our dedicated Youth Festival. Building on the success of our inaugural Youth Fest in 2023, we are gearing up to host an even more vibrant and impactful celebration of literature and creativity among young minds. This year’s festival is scheduled to take place 13 – 20 March 2024 at schools, public libraries and other venues.

Pasverskyn: Een vir een deur Nico Scheepers

LitNet Boeke en skrywers 2024-02-14

Nico Scheepers is ’n bekroonde dramaturg, regisseur en draaiboekskrywer. Ná die sukses van Nêrens, Noord-Kaap word sy Showmax-misdaadreeks, Donkerbos, in 2023 op die Berlinale (deel van die Berlynse Rolprentfees) as een van die top-16-reekse wêreldwyd vertoon. Vir die slotepisode van die reeks ontvang hy die SA Akademie se Deleen Bekkerprys vir beste draaiboek vir ’n TV-drama in Afrikaans.

Manifesto: A new vision for South Africa by Songezo Zibi: a review

Rory Riordan Books and writers 2024-02-13

"With his having written Manifesto, his patriotism and determination to make South Africa a better place are indisputable. And his willingness to abandon an obviously successful career to see through his ideals is very unusual in a country now dedicated to 'What’s in it for me?'."

Dark Horizon deur James Swallow: ’n lesersindruk

Stefaans Coetzee Lesersindrukke 2024-02-13

"Van die beste spioenasierillers skep spanning deur ’n gewone mens in ’n agent te verander te midde van ’n dodelike samesweringskomplot. Lesers identifiseer makliker hiermee as met die hoogs opgeleide black ops-operateurs, aangesien ons almal daarvan hou as die underdog triomfeer."

Marius Weyers deur Chris Vorster: ’n resensie

Ignus Rademeyer Boeke en skrywers 2024-02-13

"Deur Weyers se loopbaan te kontekstualiseer binne die breër sosiopolitieke klimaat van Suid-Afrika, beklemtoon Vorster die belangrikheid van sy bydraes tot die kunste en die samelewing in die algemeen."

Top