Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Nina-omnibus – Die awesome speurklub deur Elizbè van der Colff: 'n resensie
2024-09-17"Leerders kan ’n paar goeie idees vir entrepreneursdae by Nina en haar klasmaats kry. Lesers sal hulle ook met die gemoedelike onderonsies tussen seuns en meisies en die stryery onder sibbe kan vereenselwig. Ek vermoed hulle gaan ook gril, en ek sal nie verbaas wees as daar koppe ná hierdie storie jeuk nie."
Jani Jonker gloei in die donker deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2024-09-17"Humor, sowel as Emily House se illustrasies en kreatiewe tipografie, maak die verhaal toeganklik vir ’n groter teikengroep."
Slices of heaven: Open Book Festival 2024
2024-09-16"The weekend of the Open Book Festival forced me to think a lot about life and death. And about heaven. This year, the brilliant scholar, writer and feminist Pumla Dineo Gqola officially opened the festival on Thursday evening at The Book Lounge, and called it her 'slice of heaven'. For many of us regulars, that is precisely what the Open Book weekend is: a slice of literary heaven."
Invitation: Book launch of The equality of shadows by Charl-Pierre Naudé – Oude Leeskamer, 18 September 2024
2024-09-16You are invited to the book launch of The equality of shadows by Charl-Pierre Naudé at Oude Leeskamer in Stellenbosch on 18 September from 11:00 to 12:30.
Elders gesien: Tuin van Digters 2024
2024-09-16"Ek het ook uiteindelik vir Lynthia Julius en Alwyn Roux ontmoet wat in gesprek was oor hul onderskeie digbundels. Daar was ernstige oomblikke wat direk in ons gedeelde verwonding ingegaan het, maar die gesprek het ook na baie sexy plekke gegaan wat die gehoor laat skater het van die lag."
Die Jakes Gerwel Stigting, LitNet en Huisgenoot kondig die kandidate aan vir die vyfde Kommadagga-slypskool
2024-09-14Dit is met groot opgewondenheid dat die Jakes Gerwel Stigting, LitNet en Huisgenoot hul verkose kandidate bekend maak vir die vyfde Kommadagga-slypskool wat hierdie jaar van 14 Oktober tot 3 November plaasvind.
Flaffie en Stink sokkies deur Jaco Jacobs: ’n gesamentlike resensie
2024-09-12"Om te lees vir plesier en terselfdertyd jou arsenaal aan te vul om sekere struikelblokke en kwessies aan te pak, is ’n bonus – veral vir ontwikkelende lesers, maar eintlik vir almal in die gemeenskap. Die wêreld sal beslis ’n beter plek wees as álmal (meer) kinder- en jeugliteratuur lees."
Pasverskyn: Bloedbroers deur Deon Lamprecht
2024-09-12Gedurende Operasie Sceptic het tweede luitenant Paul Louw sy peleton in vier Ratels na die slagveld by die doelwit Smokeshell gelei. In die chaos wat daardie dag gevolg het, is 12 dienspligtiges in sy peleton van 44 noodlottig gewond en hy is self ook beseer. In Bloedbroers vertel van die oorlewendes van hul ervarings tydens die geveg. Dit werp ook lig op wat met soldate gebeur nadat die laaste skote afgevuur is en volg die veterane toe hulle vier dekades ná die operasie vir die eerste keer na die slagveld teruggekeer het.
In conversation with Eloghosa Osunde about Vagabonds!
2024-09-12Mphuthumi Ntabeni read Vagabonds! by Eloghosa Osunde and interviewed them about the novel while attending the Open Book Festival in Cape Town. The two authors discuss the spirit of Lagos and other cities like Johannesburg and Cape Town, the invisibility of working classes, the tension between African and Western belief systems, and the lives of fictional characters.
Persverklaring: Olga Kirsch gehuldig
2024-09-12Die digter Olga Kirsch sou op 23 September vanjaar ’n 100 jaar oud word. Haar lewe word musikaal gevier by NALN op 22 Oktober 2024.
The book of elsewhere deur Keanu Reeves en China Miéville: ’n resensie
2024-09-11"Unute lyk, soos in die grafiese verhale, fisies soos Reeves. Maar die filosofiese beskouing oor moraliteit en verganklikheid, dit is Miéville op sy manjifieke beste. Saam sorg hulle vir ’n kragtoer en ’n leeservaring wat my lank gaan bybly."
Bemarker, skrywer, pa, tweedekansgryper: ’n onderhoud met Stefaans Coetzee
2024-09-11"Ek dink nie 'skrywer' maak iemand ’n sukses nie. Dit is ’n vals identiteit. Ek is ’n man en pa en dit maak my ’n sukses. Ek is gelukkig dat ek soos Herman Charles Bosman (wat ook in die tronk was) kan skryf."
Invitation: Skrywersaand at Oude Leeskamer with Siphiwe Gloria Ndlovu, 12 September 2024
2024-09-11Jonathan Amid will be in conversation with Siphiwe Gloria Ndluvu on her African gothic novel The creation of half-broken people at Oude Leeskamer on 12 September at 18:00 as part of the Skrywersaand series of book discussions.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in Augustus 2024
2024-09-11Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in Augustus 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Fanie Viljoen (1970–)
2024-09-11"Grootmense hou nie van vlieënde varke nie. Hulle hou van reëls en realiteit. Kinderboeke maak ’n mens se kop weer oop. Dit laat jou weer jonk dink." Lees oor Fanie Viljoen se lewe en werk.
Cliff-hanger: Foto’s & fairy lights deur An-Mari do Carmo – resensie en onderhoud
2024-09-11Cliffordene Norton bespreek Foto’s & fairy lights en gesels met die skrywer, An-Mari Carmo: "Ek het meer idees as wat ek tyd het om te skryf, en daar is so baie kwessies waarmee hedendaagse jongmense te doen het wat ek dink meer verteenwoordiging kort in boeke."
Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg: ’n resensie
2024-09-10"Spangenberg se betoog is nie om gelowiges te probeer ontkeer nie. Hy wys slegs daarop dat alle godsdienste menslike skeppings is."
Persverklaring: ’n Verskeidenheid kunsuitstallings open by Tuin van Digters, 13–14 September 2024
2024-09-10Tuin van Digters vind plaas in Wellington op 13 en 14 September 2024 by die Breytenbachsentrum in Wellington. ’n Verskeidenheid kunsuitstallings open dié naweek, met onder meer STR[A]Y deur Elizabeth Gunter, Tuinbeelde deur Gerhard van Eck en In die skeppende oomblik, ’n foto-uitstalling van Paul Alberts se skrywersportrette.
As alles niks word: ’n lesersindruk van Die Bybel, die Christelike godsdiens en die waarheid deur Sakkie Spangenberg
2024-09-09"Daar lê die 'afgod' nou (as dit inderdaad ’n 'afgod' is) magteloos, onttroon en afgesaag by die voetstuk, die kop en skouers van die borsbeeld flenters eenkant op die plaveisel van Afrikanerdom. Vir altyd verwyder, gesloop, vernietig, tragies verinneweer en verniel net soos arme Humpty Dumpty!"
Die Smooie en die Smoue deur Julia Donaldson: ’n lesersindruk
2024-09-09"Die Smooie en die Smoue, geskryf deur Julia Donaldson met illustrasies deur Axel Scheffler, is pret. Dit is boonop propvol tydlose waarhede, tussen al die guitigheid deur. Ek wens alle politici in alle wêrelddele wil dit lees. Jaco Jacobs se vertaling is heerlik."
