Persverklaring: Die landwye Taboektoer met Bacchus Nel, Riku Lätti en Jackie Lätti – 25 Oktober tot 17 November

  • 0

Die Taboektoer – boeke én musiek: 25 Oktober tot 17 November 2024

Pretoria, Johannesburg, Potchefstroom, Parys, Bloemfontein,
Nieu-Bethesda, St Francis, Paternoster

Is die Taboektoer ’n boekprogram met twee skrywers wat boeke bekendstel? Is dit ’n musiekprogram met Riku en Jackie Lätti van die TV-reeks en musiekprojek Die Wasgoedlyn

Saam met Bacchus Nel, ’n ikoon van Suid-Afrikaanse liedjieskryfkuns in Afrikaans, is die Taboektoer beslis albei – met mooi inmekaargevlegde woorde en musiek deur drie legendes.

Die Taboektoer begin in die noorde van die land met ’n reeks konserte en boekgesprekke, en eindig by Die Koelkamers in Paternoster met ’n stewige Wasgoedlyn-program – met musiekkonserte deur Anton Goosen, Koos Kombuis, Frazer en Deniel Barry, Churchil Naudé, Jolyn Philips en Die Kaappunters; en voorlesings deur digters Kirby van der Merwe, Ashwin Arendse, Elton Lesch en Ryan Pedro.

Boekekendstellings en -voorlesings

Anne of Green Gables, in Afrikaans vertaal deur Jackie Lätti:

Anne word tans op RSG elke weeksoggend voorgelees om 10:45. Die vertaling is kleurryk en vol vars beeldspraak wat die boek vir ’n Afrikaanse gehoor eien. 

Taboek deur Riku Lätti:

Taboek deur Riku Lätti het onlangs verskyn en reeds is die woord uit dat dit “monumentale werk” is. Dit is Riku se lewensfilosofie in digvorm uiteengesit as gesprekke tussen innerlike stemme.

Dana Snyman sê daaroor: “aangrypende meditasies oor die heiligheid van onsekerheid. ’n Boek waarna ek telkens sal terugkeer om naby die aarde en werklikheid te bly om nie te gryp na die warm lug van dogma en onwetenskaplike verduidelikings van bestaan nie.”

Elzanne Coetzee skryf op Klyntji.com oor Taboek: “Riku Lätti se Taboek (2024, Naledi) is iets wat ek nog nie raakgelees het in Afrikaans nie, en daarvoor verdien die skrywer ’n pluimpie. Hierdie debuut oorskry verskeie grense en is tekenend van Lätti as musiekkunstenaar se eklektiese styl. Daarmee saam verdien Gideon Breytenbach se ontwerp vir die omslag ’n prys op sigself.”

Die dubbelboekbekendstelling beloof om ’n interaktiewe affêre te wees. Die publiek is welkom om enige vrae of voorlesingversoeke aan die skrywers te rig – soveel as wat die tyd dit toelaat, want musiek sal vir seker die laaste sê hê.

Musiek: Ruk-en-rol met die Wasgoedlyn – met Bacchus Nel, Jackie en Riku Lätti en kie

Bacchus Nel (musikant, sanger, liedjieskrywer), wat onlangs sy vierde album, Vaalrivier, vrygestel het, sluit aan by Riku Lätti (pianis, kitaarspeler, liedjieskrywer, vervaardiger en sanger) en  Jackie Lätti (sanger/skrywer/stemkunstenaar) se Wasgoedlyn tydens dié landswye toer.

G’n Wasgoedlyn-konsert is dieselfde nie: Daar is wel sekere konstantes – dit is rou, ongerepte musiek, gespeel met die hart op die mou.

Toerdatums:

25 Oktober, Pretoria: Sowaar Bar – Kaartjies hier

26 Oktober, Pretoria: Slice of Life, Gezina – Kaartjies hier.

27 Oktober, Johannesburg: Sondagmiddag-piekniekkonsert (Northcliff)Bespreek by: 083 278 2404

29 Oktober, Johannesburg: Taboekgesprek met Bester Meyer by Chiesa di Pazzo Lupi (Melville) – Bespreek hier

31 Oktober, Centurion: Bernie’s Brewery 

1 November, Klerksdorp: Klerksdorp Boekefees (met Stefaans Coetzee)

2 November, Potchefstroom: Loopstraat

3 November, Parys: Kaalvoet Kafee – Bespreek by: 083 408 0272 (René van der Westhuizen) of  081 876 6333 (Amanda Niemand) of aanlyn hier

8 November, Bloemfontein: Die Sterrewag – met Bacchus Nel, Neil Nachtrein, Elsabé de Jager, Jackie en Riku Lätti. Kaartjies hier.

9 November, Nieu-Bethesda: Infinity Gallery 

10 November, St Francis: River Kaya – met Abel Kraamsaal, Wynand Davel, Bacchus Nel, Riku en Jackie Lätti en nog meer.

15–17 November, Paternoster: Wasgoedlyn-makietie by die KoelkamersMet musiekkonserte deur Anton Goosen, Bacchus Nel, Churchil Naudé, Frazer en Deniel Barry, Jolyn Phillips, Die Kaappunters en Koos Kombuis, en met voorlesings deur digters Kirby van der Merwe, Ashwin Arendse, Elton Lesch en Ryan Pedro. Kaartjies hier.

Sien die Wasgoedlyn-makietie by die Koelkamers se volle program hier:

Persverklaring: Die Wasgoedlyn hou makietie met woorde en musiek by die Koelkamers in Paternoster

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top