
Jaco Jacobs skryf op Facebook:
Goedvoel-Vrydag. Dié storie is eenvoudig te cool om nié te deel nie. My pel Joe Mynhardt bedryf al jare lank hier in Bloemfontein sy eie onafhanklike uitgewery, Crystal Lake, wat horror publiseer, meestal oorsee. Joe het al met GROOT name in die internasionale horror-bedryf saamgewerk en is oorsee vir van die belangrikste toekennings in die genre benoem, maar plaaslik dink ek min mense weet eintlik van die werk wat hy doen. Volksblad het darem eenkeer, nadat ek ’n joernalis daarvan vertel het, ’n baie mooi profielartikel oor hom gedoen. Gister stuur Joe vir my ’n skermskoot van ’n twiet wat op X verskyn het. Bob Dylan (ja, die regte Bob #$% Dylan!!! Nobelpryswenner!!! Daai ene!!!) was toevallig by ’n hotel in Frankfurt waar die jaarlikse groot boekeskou plaasgevind het, en kyk wat het hy getwiet ... #lekkerbloemfontein

Hier is die twiet:
At the hotel in Frankfurt there was a publishing convention and every room was taken, parties all night. I didn’t know there were so many book publishers in the world. I was trying to find Crystal Lake Publishing so I could congratulate them on publishing The Great God Pan, one…
— Bob Dylan (@bobdylan) October 23, 2024


