Boekbekendstelling van Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander
Saterdag, 16 November om 11:00
by Welgemeend landgoed in Gardens, Kaapstad
Die Bergengel gaan op reis. Kom vier die einde van die Bergengel-boekreeks deur Carina Stander. Word betower deur ’n oggend van stories, musiek en Gabriëllië-geïnspireerde eetgoed.
Carina gaan met Jonathan Amid in gesprek wees.
Al vier boeke in die reeks en ’n aantal inksketse wat op die boeke gebaseer is, sal te koop wees.
Bespreek hier teen 12 November.
Meer inligting oor Die Waterplek: Gabriëllië se boektoer:
Boekbekendstellings: Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander – Die Bergengel gaan op reis


