Digtersweek 2024, wat van 4 tot 8 November aanlyn plaasvind, is die ideale geleentheid vir aspirant- en ontluikende digters om hul vaardighede te slyp en hul kennis uit te brei.
Digtersweek is ’n inisiatief van Amanda de Lange, voormalige joernalis en nou lewensafrigter en mentor vir ontluikende skrywers.
“Ek kry dikwels versoeke van kliënte of voornemende kliënte vir mentorskap in die digkuns, maar dit is nie my sterk punt nie. Toe besluit ek wat is dan beter as om ’n handvol meesters in poësie bymekaar te kry op een platform, vyf dae lank, waar elkeen oor ’n aspek van die digkuns kan gesels,” het De Lange gesê.
Die paneel is inderdaad formidabel. Bekroonde digters soos Johan Myburg (wenner van die Hertzogprys, Eugène Marais-prys en ATKV-prys), Diana Ferrus, René Bohnen (tweede plek in die gesogte European Union Sol Plaatje Poetry Prize), Alwyn Roux, wie se debuutbundel, Weerskyn pas verskyn het, en ten slotte Danie Marais (Ingrid Jonker-, Eugène Marais- en UJ-debuutprys).
Om die gesprekke so toeganklik moontlik te maak word dit aanlyn aangebied. Belangstellendes kan dus van enige plek op die aardbol deelneem. Die koste per persoon is R750. Alle gesprekke sal ook ná die tyd aflyn beskikbaar wees vir almal wat die Digtersweek bygewoon het.
Belangstellendes kan Amanda de Lange kontak by 082 491 5308 of ʼn e-pos stuur na amanda@amandadelange.co.za.
Wou jy nog altyd dig? Kom leer by die meesters!
Wat jy moet weet
Koste: R750 per persoon
Sessies is aanlyn op Zoom. Neem deel vanaf enige plek op die aardbol. Sodra jy geregistreer en betaal het, sal jy ’n Zoom-skakel ontvang wat vir al die sessies sal geld.
Alle sessies word opgeneem.
Aflyn toegang
As jy om watter rede ook al ’n sessie moet misloop, sal jy na die opname kan gaan kyk waar dit in ’n wolk geberg word. Jy sal ná registrasie ’n skakel en uitnodiging kry wat jou moeitelose toegang hiertoe sal bied.
Vraetyd
Die sessies sal interaktief wees en daar sal ná elke digter se praatjie geleentheid wees om vrae te vra.
Registreer
Stuur ’n WhatsApp na 082 491 5308 of ’n e-pos na amanda@amandadelange.co.za.
Die onderwerpe
- Maandag 4 November: Johan Myburg: Inleidende bespreking van prosodie – die patroon van ritme, klank en metrum in poësie
- Dinsdag 5 November: Diana Ferrus: Inleiding tot die skryfproses
- Woensdag 6 November: René Bohnen: Beeld en metafoor in poësie
- Donderdag 7 November: Alwyn Roux: Só skryf jy ’n villanelle
- Vrydag 8 November: Danie Marais: Reëlbreuke en die verskil tussen die vrye vers en vaste vorme.
Lees ook: