Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Die Diana Ferrus-prys: ’n onderhoud met Zalman Davis
2024-10-04"Die Diana Ferrus-prys word toegeken vir die beste poësiebydrae, en dis gestig om Afrikaanse streekstale te bevorder – of dan nou die sogenaamde Huisafrikaans. Ons glo dat die prys ’n baanbrekerinisiatief is wat poog om die ryk diversiteit van Afrikaans te bevorder en van dialekte wat dikwels misgekyk word. Ons skep ’n ruimte waarin digters hul uniekheid kan vier."
Pasverskyn: Rooisand deur Jeremy Vearey en vertaal deur Kirby van der Merwe
2024-10-03Dirk Aruseb was sewentien toe Abraham Morris hom uit die Pella-weeshuis kom haal het om by die Bondelswarts aan te sluit. By Schansvlakte begin die eerste van Dirk se lewenslesse: wees nederig, geduldig, en genadig. Vind jou eland, tem jou janfiskaal. Rooisand speel af in Namaland – van Duits-Suidwes-Afrika tot die Kaapkolonie – vanaf 1904 tot 1922.
Die pad na lesers se harte loop deur hul lagspiere
2024-10-03Jaco Jacobs vertel vir Freek Robinson hoekom hy skryf om kinders te vermaak. Robinson wil ook by Jacobs weet: Hoe weet hy dat hy sy mark verstaan? Pas kinder- en jeugboeke aan by die tye? Is daar genoeg ondersteuning vir skrywers? En: Hoe kry ons kinders weer aan die lees?
Cliff-hanger: "Afrikaanse boeke is net so goed soos Engelse boeke"
2024-10-03Cliffordene Norton skryf hierdie Cliff-hanger-rubriek na aanleiding van Wolk, borrelgom, foto’s en geheime, ’n gesprek wat sy tydens die Momentum Beleggings Aardklop-fees op 27 September by The Roots in Potchefstroom bygewoon het.
Press release: Shortlist Announcement – Otto Foundation Children’s Book Award
2024-10-02The Otto Foundation is excited to reveal the shortlists for its inaugural Children’s Book Award. The award was conceived with the aim to support local publishers, promote new authors and illustrators, and to recognise quality South African storytelling.
Single minded by Marina Auer: an inter-review
2024-10-01"When desperate needs outpace scarce resources, a young doctor gets caught up in a deadly trinity of medicine, corruption and superstition. Murphy Meyer, the fictional doctor in the novel, has her own reasons for coming to work at Eden, and she will soon figure out whether Eden is a safe haven or hell. Will she be alive long enough to learn the truth and unravel the mystery she has tasked herself with?"
Donker water deur Martin Steyn: indrukke van iemand wat al lank vir Steyn se volgende boek wag
2024-10-01"Steyn verras sy leser weer eens. Dit is nóg ’n anderster soort boek – nie eers ámper jou tipiese polisieroman nie."
Maalkolk en Breekpunt deur Marie Lotz: ’n resensie
2024-10-01"Dis gemene saak dat ’n gebrek aan kundigheid tans die SAPD se ondersoek van kriminele sake kniehalter. Die realiteit is dat die uitslae van bloedalkoholtoetse, dwelmontledings, DNS- en vingerafdrukvergelykings, ballistiese toetse, toksikologie, en dies meer maande, en selfs jare kan neem. Dit konfronteer ’n skrywer met ’n dilemma: Sou die werklikheid in die teks nagevolg word, sal daar geen sprake van ’n volgehoue spanningslyn kon wees nie."
Ben en die groot toets deur Zuléka Smit: ’n lesersindruk
2024-09-30"Kinders sal hierdie storie, met die mooiste kleurvolle illustrasies, baie geniet en leersaam vind, en hulle met Ben kan vereenselwig. Hierdie boek is ’n móét vir enige kind wat oor die drumpel stap om die wêreld van klank en lees te betree."
Toyota Stellenbosch Woordfees 2024-persverklaring: Wenner van vanjaar se kortverhaalkompetisie
2024-09-30Emile Joubert is as algehele wenner van die 2024 Woordfeeskortverhaalkompetisie bekroon by die bekendstelling van die bundel in die Eikestad op 28 September. Emile, wat al voorheen in die bundel opgeneem is, wen R30 000 met die komplimente van EasyEquities vir sy plattelandse droomverhaal "Die berghaan het sy seer laat val".
Koos berei ’n driegangfees
2024-09-28Koos Kombuis lees vandeesmaand oor die kontinente heen. Hy vertel van André le Roux se nuwe digbundel, frons effens oor Matt Haig se nuwe roman en is gefassineer deur Louise Cilliers se Afrikaanse vertalings van Kostis Palamas se Griekse gedigte.
Toyota Stellenbosch Woordfeeskortverhaalbundel 2024: ’n onderhoud met Michèle Meyer
2024-09-27"Die lewe is ’n storie. Mens moet net kyk en luister; dis daar. Ek sien en hoor stories wanneer ek in Checkers wag om te betaal, ’n koffie kry in Kauai, ’n papegaai by ’n troetelplaas dieselfde vreemde frase hoor herhaal. Soms is daar ’n enkele kyk op iemand se gesig wat ’n kortverhaal vertel."
Press release: AVBOB Poetry Project introduces a new competition category
2024-09-27The AVBOB Poetry Project embarks on an inspiring journey with the addition of a brand-new competition theme, "New beginnings". At least one poem entered under this theme in each of South Africa’s 11 official written languages will be selected for publication in the eighth annual AVBOB poetry anthology, which will be published in 2025. Additionally, one commissioned poem per language will be written on this theme.
Fotoblad 3: Etienne van Heerden Veldsoirée en die LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad
2024-09-26Tydens hierdie fees is gesprekke gevoer oor, onder andere, skrywers se jongste romans; kinderboeke; kunsmatige intelligensie; die resensering van boeke; argiewe; Griekwa-Afrikaans; die aard van debat/die oop gesprek; versoening; identiteit; die literêre geskiedenis van die Oos-Kaap; en die dinge waaroor Suid-Afrika se gemeenskappe treur. Benewens bogenoemde prikkelende gesprekke, het die Oos-Karoo gesorg vir pragtige landskappe en Karoo-gasvryheid. Menán van Heerden het foto’s geneem.
Momentum Beleggings Aardklop 2024: ’n onderhoud oor Geroep vir meer
2024-09-26"Die belangrikste ding wat mens moet doen, is jy moet jou 'why' gaan vind. Jou 'why' is die ding wat jou betekenis en doel in die lewe dryf. My 'why' is om te inspireer en hoop te gee en om beter te word as wat die wêreld verwag dat jy moet wees ..."
Pasverskyn: Liefde en verset deur André le Roux
2024-09-26André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut, Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is.
Stella Blakemore (1906–1991)
2024-09-26"Inspirasie is oral en altyd beskikbaar. Ek het geen spesiale plek of stemming nodig om die tikmasjien te laat kletter nie. Dit kom sommer net." Lees meer oor Stella Blakemore se lewe en werk in dié ATKV-Skrywersalbum, saamgestel deur Erika Terblanche.
Slaying the dragon by Antonio Iozzo: The bravest book you’ll read this year
2024-09-26"The book tells the story of a strong man going through hell, from Johannesburg to San Antonio, Texas, with one operation after the other. Boxes of pills from OxyNorm to Suboxone, each one worse than the others."
Goue lint, my storie begint: Die mag van volwassenes se boekkeuses vir kinders
2024-09-25"Hoe kry jy ’n kind om ’n boek te lees? Maklik, die oudste truuk in die boek: 'Jy mag nie hierdie boek lees nie. Hoekom? Want ek het so gesê.' Klink dit bekend? Dit is hoe volwassenes mag uitoefen oor boekkeuses vir kinders."
Fotoblad 2: Etienne van Heerden Veldsoirée, LitNet25 Afrikaanse Skrywersberaad en die ATKV-skryfskool
2024-09-25"Woordkunstenaars, boekliefhebbers en akademici het van 20 tot 22 September 2024 skouers geskuur by die Etienne van Heerden Veldsoirée."
