Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Pasverskyn: "Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp
2024-10-15Hierdie boek is voorwaar jou eenstopgids vir alles oor toesprake. "Dames en here" is die boek wat jou oa gaan help met redenaars, debatte, toesprake soos bedankings-, motiveringstoesprake ens, onderwerpontleding, wenke om toesprake te skryf en aan te bied, die reëls en beoordeling van redenaars- en debatkompetisies, en nog vele meer. Streeksbeoordelaars en gesoute afrigters van regoor Suid-Afrika gee ook wenke vir onderwysers oor hoe om ’n debat- of redenaarskompetisie te reël
Press release: SALA announces the 2024 shortlisted nominees
2024-10-15The 19th South African Literary Awards will celebrate a literary milestone when more than 30 authors are honoured for their contributions to South African literature at a gala dinner at the Ditsong National Museum of Cultural History in Tshwane on 7 November 2024.
Heil die Leser! Die huwelik tussen woord en beeld: vier ekfrastiese bundels
2024-10-14"Die afgelope paar maande het daar ’n stewige oes digbundels met ’n ekfrastiese inslag verskyn ... Vereenvoudigd dui ekfrasis op die digterlike gesprekvoering tussen die beeldende kuns en poësie. Digters skryf beeldgedigte na aanleiding van skilderye, foto’s, beeldhouwerke en ander visuele media." Nini Bennett-Moll bespreek Stil gesprek, Vlindervreter, Digby en Gekaapste stad.
PenAfrican: Place by Justin Fox and places of the heart
2024-10-14"Sitting at the fireplace of Victorian Manor Hotel on one of those rather bitterly cold Karoo nights, I flattered my imagination with the idea that Schreiner once sat before the same fire or on the stoep of the hotel, where, according to Fox, the farmers used to come for gossip and a sip of brandy; this made things come alive in a special way for me."
Ons laaste legendariese somer deur Fanie Viljoen: ’n resensie
2024-10-14"Wat ek waardeer het, was hoe outentiek die dinamika van die vriendskap tussen Tobi, Dean en Rowan voel. Dit is werklik hoe tieners optree, en ek dink jonger lesers sal maklik met Tobi se avontuurlustige, impulsiewe aard kan vereenselwig. Dit is ’n prettige, ligte leeservaring wat baie aanhangers onder die jeug sal vind."
Benru se boomskok deur Felicia Snyman-Du Toit en Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo: ’n gesamentlike resensie
2024-10-14"Tien van die agtien hoofstukke van Die maniese muskietmoles is slothoofstukke. Daar is met ander woorde tien eindes – weliswaar nie almal positief nie, maar wel bevredigend. Sommige van hierdie eindes, hoewel nie oop nie, laat ook steeds ruimte vir interpretasie. Benru se boomskok eindig oop en al wat ek daaruit kan aflei, is dat die verhaal nog nie klaar is nie en daar ’n opvolgtitel sal wees."
Uitnodiging: Boektoer van Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander | Pretoria-bekendstelling, 24 Oktober
2024-10-11Kom vier die einde van Die Bergengel-boekreeks deur Carina Stander. Word betower deur ’n aand van stories, musiek, Gabriëllië-geïnspireerde kos en wyn. Kom in feesklere, soos ’n karakter uit Die Bergengel-boekreeks. Dit vind plaas by Kleinkaap Boutique Hotel in Centurion, Pretoria, op 24 Oktober om 18:00 vir 18:30.
Boekbekendstellings: Die Waterplek: Gabriëllië deur Carina Stander – Die Bergengel gaan op reis
2024-10-11Die Waterplek: Gabriëllië is die vierde en laaste boek in Carina Stander se Bergengel-reeks. Die skrywer neem die boek op reis, en neem ook afskeid van die reeks – boekbekendstellings vind plaas in Pretoria, Johannesburg, Kaapstad, Swellendam, Knysna en Nature’s Valley.
Invitation: Book launch – What Nelson Mandela taught me by Zelda la Grange on 17 October in Somerset-West
2024-10-11You are invited to the book launch of What Nelson Mandela taught me by Zelda la Grange. Adriaan Basson will be in conversation with Zelda la Grange on Thursday, 17 October 2024 at 18:00 for 18:30 at Exclusive Books (Somerset Mall) in Somerset-West.
Nuut by Human & Rousseau: Kinkels en keuses 3: Die maniese muskietmoles deur De Wet Hugo, illustrasies deur Stephen Wallace
2024-10-10WJ, sy suster Mindie, en hul beste vriend Raj, wil graag iets asemrowends aantrek vir die skool se kostuumdag aan die einde van Boekeweek. Hulle moet soos karakters uit hulle gunstelingboek aantrek en besluit op die Drie Musketiers. Maar wanneer hulle in ’n vreemde oudhedewinkel op die perfekte bykomstighede vir hulle kostuums afkom, loop dinge lelik skeef. Nou is hulle die Drie Muskiete! En hulle moet ’n wêreld van insekte en monsters oorleef om weer hul pad terug te vind huis toe.
Dié brakkie het nog baie blaf
2024-10-10"Helaas is daar onder Afrikaanse boekresensies besonder goeie voorbeelde van bad writing."
Persverklaring: Uitnodiging na die bekendstelling van Dames en Here deur Elbie Adendorff en Lisinda de Jager
2024-10-10Hierdie boek is ’n eerste in sy soort en sal ’n groot gaping in die mark vul. Daar is spesifiek gekyk na alle redenaars- en debatskompetisies in Suid-Afrika, sowel as alle vorme van toesprake wat in die skoolkurrikulum vereis word. Opvoeders en onderwysers – en enigiemand wat belangstel! – word hartlik uitgenooi om hierdie boekbekendstelling op 15 Oktober in Stellenbosch by te woon. Hier is nog inligting.
Maritha Snyman (1952–2024)
2024-10-10"Boeke laat jou krities en innoverend dink en sinryke besluite neem: Koop boeke vir jou én jou kinders. Lees dit saam en praat saam. ’n Groter guns kan jy hulle nie bewys nie, en niemand anders gaan dit doen nie."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Cecelia Larey
2024-10-09"Dit bring ’n knop in my keel wanneer ’n biblioteekgebruiker die gebou verlaat en erkenning gee aan die verskil wat ons diens in hulle lewe of omstandighede gemaak het." Hierdie onderhoud met Cecelia Larey is die agtste aflewering oor ons biblioteke.
Invitation: Book launch – What Nelson Mandela taught me by Zelda la Grange on 15 October in Cape Town
2024-10-09Siv Ngesi will be in conversation with Zelda la Grange for the launch of her book, What Nelson Mandela taught me, on Tuesday, 15 October 2024 at 17:30 for 18:00 at Exclusive Books Cavendish (Claremont) in Cape Town.
Die gawe van groen deur Elmarié Dercksen: ’n resensie
2024-10-09"Waar vorige resensente die groen geheim van Sati se gawe omseil het, gaan ek my verstout om die geheim te verklap aangesien Die gawe van groen reeds langer as ’n jaar gelede uitgereik is."
Pasverskyn: Troep: Die dinge wat hulle saamdra deur Bun Booyens
2024-10-09In Troep vertel meer as ’n honderd oud-troepe wat hulle onthou van diensplig: om op skool opgeroep te word, te gaan oorlog maak en twee jaar later weer huis toe te kom. Hierdie stories sal ’n snaar by veterane roer, en hul naastes help om te verstaan watter dinge hierdie mense vandag steeds met hulle saamdra – dit wat hulle onthou, maar ook dit wat hulle nie kan vergeet nie.
Afrikaanse resensies en boekgesprekke in September 2024
2024-10-08Hier is PEN Afrikaans se oorsig van Afrikaanse resensies wat in September 2024 verskyn het en digitaal beskikbaar is. Daar is ook skakels na boekbesprekings of -gesprekke en voorlesings wat op die radio of TV uitgesaai is.
Hoe lyk ’n man? Anschen Conradie gesels met Stefaans Coetzee oor Sel ses
2024-10-07Hoe lyk ’n man? Wanneer word jy ’n man? In die tronk word jou manlikheid gemeet aan jou vermoë om vinniger en beter met ’n selfgemaakte mes te kan kap. Maar is dit wat ’n pa aan sy seun wil oordra? Gedigte van Breyten Breytenbach, kortverhale van Willemien Brümmer en knipsels van Elise Bishop kom ook ter sprake.
