Persverklaring: Die Chris Barnard-prys

  • 1

Dit was vir ons ’n groot voorreg om vanjaar Die Chris Barnard-prys ná twee jaar te kon hervat. 

Nagenoeg 100 inskrywings – met uiteenlopende temas – van regoor die land is ontvang. 40 hiervan het meegeding om vir ’n prys in aanmerking te kom. 

 Vanjaar se deelnemers het gewissel van amateur- tot bekende skrywers, asook akteurs en historici. 

 Van die 40 inskrywings, is daar slegs agt wat deurgedring het na die finale rondte.

 Die hoofbeoordelaar was WJ Strydom.

 Vanjaar se drie wenners is:

  • Albert Maritz met “Boere by Thabazimbi”
  • Fransjohan Pretorius met “Pasop vir die rekenaardiewe” 
  • Curtley Pitt met “Die legendariese rugbybal”

Dié agt verhale – waarvan die wenverhale deel is – word opgeneem in ’n bundel met die titel Boere by Thabazimbi en ander verhale wat vroeg in 2025 verskyn.

  • 1

Kommentaar

  • Reageer

    Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


     

    Top