Boeke en skrywers
Alles oor die jongste boeke en die mense wat hulle skryf
Everything about the latest books and the people who write them
Het jy ’n boek gelees waarvan jy ander lesers wil vertel? Stuur jou indrukke na lesersindruk@litnet.co.za en besoek hierdie bladsy vir nog inligting.
Persverklaring en uitnodiging: Voorleggings ingewag vir die 2025 kykNET-Rapport Boekpryse
2024-09-09Uitgewers word hartlik uitgenooi om weer boeke voor te lê vir die 2025 kykNET-Rapport Boekpryse. Let wel: Vanjaar se spertyd vir ontvangs van boeke is vervroeg na 30 Oktober 2024 om beoordelaars meer leestyd te gun. Boeke wat na hierdie datum verskyn, moet teen 3 Januarie 2025 die sameroeper bereik.
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Ashley Lewis
2024-09-09"Hierdie inisiatief is wêreldwyd gepubliseer omdat dit 60 kinders per dag na die biblioteek gelok het. Dit het vir ons die geleentheid gegee om kinders van die straat af te kry en ook vir hulle te leer lees. Deur die aanbied van hierdie program het Delft Biblioteek die Wes-Kaapse Kuns- en Kultuurtoekenning in 2022 gewen, asook die tweede plek in die Stad Kaapstad se toekennings, en het vanjaar internasionale erkenning by IFLA (International Federation of Library Association) ontvang." Hierdie onderhoud met Ashley Lewis is die sewende aflewering oor ons biblioteke.
Washing by hand: a brief look at Cape laundry since the 17th century
2024-09-05"Reading about this aspect of Cape history formed part of the inspiration for a recent short story of mine, a work of flash fiction, which is about a young woman and her grandmother, and their different approaches to doing laundry, particularly their underwear. While ostensibly about panties (as the story is titled), it is also about our country’s long and difficult history, about ourselves and about memory."
Heks deur Dibi Breytenbach: ’n resensie
2024-09-05"Sien Heks dan as ’n lekkerleesboek met ’n kragtige kinkel; ’n moderne fabel waar die boodskap en die boodskapper van belang is, maar wat veel dieper strek as wie die hardste en aanhoudendste kan skree."
Persverklaring: Kortlyste vir vanjaar se kykNET-Rapport-resensiepryse bekend
2024-09-05Die kortlyste vir dié pryse, waarmee erkenning gegee word aan uitnemende Afrikaanse resensies wat in 2023 verskyn het, is pas bekend gemaak. Nagenoeg 100 resensies wat op ’n verskeidenheid platforms verskyn het, is vanjaar ingeskryf.
Kode bruin! Die goorste week ooit!-kinderboekreeks: ’n jonglesersindruk
2024-09-04"Justin het skaars MAANDAG oorleef en toe is dit DINSDAG, en sy kat is steeds weg – waarskynlik deur aliens ontvoer! WOENSDAG was woes saam met sy ongelooflik irriterende aartsvyand! Maar ek wil nie nou alles vertel nie; jy moet self die reeks lees!"
Hoekom is mans bang? In gesprek met Dibi Breytenbach oor Heks
2024-09-04"Se dinges. As ’n mens heksdom bereik, sien jy dit vir wat dit is. Dalk het ek te veel Foucault gelees – dat diegene met mag diskoerse tot hulle eie voordeel skep, terwyl hulle hulle intensies verskuil. Soewereine magsmisbruik op die kleinste skaal."
Heil die Leser! ’n Oorsig van wetenskapkommunikasie
2024-09-04"Daarmee skep die skrywer ’n sprokieswêreld vir die nuuskierige leser, vir diegene wat belangstel in wetenskaplike natuurverskynsels. Hierdie verbeeldingsreise kom in verskillende gedaantes voor. Daar is byvoorbeeld karakters uit die mitologie en volksverhale; uit wetenskaplegendes; uit fabels, en selfs spookstories."
Why we kill: ’n onderhoud met Karl Kemp
2024-09-04"Ek wou nie predikant speel in die boek en vir almal vertel hoe moreel afkeurbaar vigilantisme is nie. Dis nie die doel met die titel nie, om vinger te wys nie. Dit sou vreeslik saai wees."
Groot afwagting: name van deelnemers aan die Kommadagga-slypskool binnekort bekend
2024-09-04"Daar heers groot afwagting oor wie die suksesvolle aansoekers gaan wees vir LitNet se Kommadagga-slypskool in samewerking met die Jakes Gerwel Stigting en Huisgenoot."
Onrus op Steynshoop deur Ingrid Winterbach: ’n resensie
2024-09-04"Soos met die meeste groot kunswerke is dit eerder ’n gewaarwording dat jy in die omgewing van iets groots is wat veel meer as ’n verwoordbare insig is. Jy maak die boek toe met die wete dat jy iets belangriks belééf het, iets baie betekenisvol wat moeilik verduidelik kan word."
Fresh off the press: Nomad heart by Ian Roberts
2024-09-04Actor and musician Ian Roberts is something of a South African icon, renowned for his roles as the rugged Boer fighter Sloet Steenkamp in the TV series Arende and as Boet in the immortal and immensely popular Castrol advertisements. In this book he looks back on his long and illustrious career in which he became known for having a flair for languages and acting from the gut.
Die onsigbare: ’n onderhoud met PJO Jonker
2024-09-04"Die onsigbare is so goed soos ’n ware verhaal vir my. Daar is nie navorsing wat hierin gegaan het nie, liewer belewing en inlewing. Ek weet hoe ruik skaapwol, hoe dit voel as ’n skaap jou kaal voet raaktrap. Feite is terloops. Ek weet in elk geval nie meer wat is waar en wat is verbeelde werklikheid nie."
Jaco Jacobs (1980–)
2024-09-04"As skrywer probeer ek nie te ver vooruit kyk nie – ek doen bloot my bes om boeke te skryf wat jong lesers hopelik sal oortuig dat dit die moeite werd is om in Afrikaans te lees." Lees oor Jaco Jacobs se lewe en werk.
Die Johann Rossouw-gespreksreeks: video-opname van gesprek met Dana Snyman oor Seun
2024-09-03Dana Snyman gesels in hierdie videogesprek met Johann Rossouw oor die geboorte van Seun en oor die raakpunte in hul onderskeie verwysingsraamwerke.
Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk
2024-09-03"Al kan Breekpunt op sy eie as ’n roman staan en al is al die bestanddele van ’n geslaagde misdaadroman teenwoordig, is daar hier en daar haakplekke."
Kortliks met Stefaans: 2 September 2024
2024-09-02"Hier is twee klippe-kou-publikasies. Albei kan hewige debat veroorsaak, veral onder lesers wat dit nie gaan lees nie. Albei het ook die vermoë om groei te ontkiem."
Almal moet kan vlieg: ’n resensie van Heks deur Dibi Breytenbach
2024-09-02"Sy vergelyk hul verhouding met die dramaturg, Aristofanes, se vertelling in Plato se Simposium van die kragtige, endogene, ronde skepsels, man én vrou, wat eens op aarde was en toe deur ’n jaloerse Zeus geskei en vervloek is om vir altyd rond te dwaal op soek na hul ander helfte."
Ons biblioteke: ’n onderhoud met Christine Gerber
2024-08-30Hierdie onderhoud met Christine Gerber is die sesde aflewering oor ons biblioteke.
Donker water deur Martin Steyn: ’n resensie
2024-08-30"Wat die boek uniek en ’n moet-lees maak, is die feit dat dit alles geskied in die uiters fassinerende duikersmilieu waarvan die meeste van ons maar min weet."
