Pasverskyn: "Dames en here" deur Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp

  • 0

Titel: "Dames en here"
Outeurs:
Elbie Adendorff, Lisinda de Jager en Elize Steenkamp
Uitgewer: Lapa
ISBN:
9780637005784

Hierdie boek is voorwaar jou eenstopgids vir alles oor toesprake. "Dames en here" is die boek wat jou onder andere gaan help met redenaars (individueel en spanne), debatte (al die verskillende soorte), toesprake soos bedankings-, motiveringstoesprake ens, onderwerpontleding, die saamstel en skryf van ’n toespraak, die aanbied en lewering van ’n toespraak, die reëls en beoordeling van redenaars- en debatkompetisies, en nog vele meer. Streeksbeoordelaars en gesoute afrigters van regoor Suid-Afrika gee ook wenke vir onderwysers oor hoe om ’n debat- of redenaarskompetisie te reël. ’n QR-kode gaan toegang gee tot wentoesprake.

"Dames en here" is ’n moet-hê vir almal wat voor ’n gehoor moet praat!

  • 0

Reageer

Jou e-posadres sal nie gepubliseer word nie. Kommentaar is onderhewig aan moderering.


 

Top